11 fetusse in emmer gevind

Argieffoto.

Argieffoto.

Pendelaars van Mdantsane in die Oos-Kaap het Dinsdagaand ʼn grusame vonds gemaak toe hulle 11 menslike fetusse naby ʼn taxistaanplek aangetref het.

Lt. Nkosikho Mzuku het aan Maroela Media bevestig dat die fetusse omstreeks 18:30 in ʼn emmer naby die NU Highway-taxistaanplek aangetref is. Dié staanplek is glo naby ʼn kliniek geleë en die vermoede bestaan dat die fetusse van dié kliniek afkomstig is. Die polisie wou dit egter nie bevestig nie, en het gesê hulle ondersoek die voorval, en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Hulle het ‘n beroep gedoen op enigiemand wat hulle kan bystaan in die ondersoek om Crime Stop by 08600 10111 te bel.

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Dis seker aborsie fetusse. Doodgebore en miskraam babas word met baie meer waardigheid behandel. Maar ‘n aborsie baba word soos ‘n vrot stuk vleis weggegooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.