Pendelaars van Mdantsane in die Oos-Kaap het Dinsdagaand ʼn grusame vonds gemaak toe hulle 11 menslike fetusse naby ʼn taxistaanplek aangetref het.
Lt. Nkosikho Mzuku het aan Maroela Media bevestig dat die fetusse omstreeks 18:30 in ʼn emmer naby die NU Highway-taxistaanplek aangetref is. Dié staanplek is glo naby ʼn kliniek geleë en die vermoede bestaan dat die fetusse van dié kliniek afkomstig is. Die polisie wou dit egter nie bevestig nie, en het gesê hulle ondersoek die voorval, en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Hulle het ‘n beroep gedoen op enigiemand wat hulle kan bystaan in die ondersoek om Crime Stop by 08600 10111 te bel.
Dis seker aborsie fetusse. Doodgebore en miskraam babas word met baie meer waardigheid behandel. Maar ‘n aborsie baba word soos ‘n vrot stuk vleis weggegooi.