11 geskors ná vuiste swaai in klaskamer

‘n Skermgreep uit die video.

Elf leerders aan die Hoërskool George is geskors nadat hulle in ’n wilde bakleiery by die skool betrokke geraak het.

Daar word vermoed dat dié bakleiery bendeverwant is.

“Gebeure in die gemeenskap het ongelukkig na die skoolomgewing oorgespoel wat daartoe gelei het dat ’n bakleiery by die skool uitgebreek het,” het Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, Vrydagoggend aan Maroela Media gesê.

Daar kan in ’n video van die bakleiery gesien word hoe leerders – seuns én meisies – oor skoolbanke struikel terwyl hulle mekaar in ’n klaskamer takel. Dit is uit die beeldmateriaal duidelik dat absolute chaos tydens die voorval geheers het met talle jillende leerders wat buite die klaskamer saamdrom en druk om self ook in die klaskamer te kom.

Die leerders in die klaskamer skop en slaan mekaar herhaaldelik terwyl sommige van agter in die klaskamer staan en toekyk. ’n Verlore skoolskoen en selfoon kan aan die einde van die video op die vloer gesien word voordat ’n meisie oor ’n stoel op haar rug val. Die video kom dan tot ’n einde.

Volgens Hammond het gemoedere sedertdien by die skool bedaar en daar is nog geen verdere voorvalle aangemeld nie.

Die betrokke leerders bly geskors hangende ’n dissiplinêre verhoor.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys se veiligheidsamptenare is intussen in verbinding met die skool om die nodige ondersteuning te bied.

‘n Skermgreep uit die video.

“Ons het simpatie met die uitdagings wat sommige skole en die personeel beleef wanneer hulle te doen het met toenemende bendegeweld binne die gemeenskap,” sê Hammond. Die departement se Veilige Skole-direktoraat voer samesprekings met skole oor moontlike programme en veiligheidsbeheermaatreëls om dit aan te pak.

“Hoewel ons verstaan dat die Wes-Kaapse departement van onderwys ’n rol het om te speel in die veiligheid van leerders, kan die uitsluitlike verantwoordelikheid vir wetstoepassing en veiligheid nie op die skool, sy skoolhoof of sy onderwysers val nie.

“Ongelukkig is die voorkoms van bendes ’n maatskaplike kwessie en bendekultuur buite die skool kan soms die skoolgemeenskap beïnvloed, aangesien leerders by bendes betrokke raak. Ons benodig die bystand van die polisie, gemeenskapspolisiëringsforums, die regstelsel, gemeenskapsorganisasies en die ouers self.”

Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het vanoggend by navraag aan Maroela Media gesê daar is na sy wete nog geen saak by die polisie aanhangig gemaak rakende die bakleiery nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

marius ·

Bendeverwant . Daarom sal niks afgebrand word en karre met klippe gegooi word nie . Hool !

Witbaard ·

Is dit die nuwe generasie leiers wat Maimane na verwys wat die land gaan red?

Harley Davidson ·

Geen dissipline en na integrasie gaan die skole wat nog dissipline het ook so word ,ouers moet net vasskop en nee sê wat kan hulle in elkgeval doen?

De Villiers ·

Ek dink dit is ongelukkig te laat vir die kweperlat…

VaalDonkie ·

Ek lag nou, want ek het ‘n Chris Du Preez geken van skooldae af wat omtrent elke week appels geswaai het in skooltyd. Seker nie jy gewees nie want jy kan spel en jy vloek nie soos ‘n matroos nie.

Caroline ·

Applied psychology works wonders that’s what I use to give my sons when they would not listen

Heleen ·

Nee Dan Tas jy kinders Se human rights aan. Werk sielkundige met hulle

JohanR ·

Verbaas messe en geweere het nie te voorskyn gekom nie. Van daai in die klas is al seker 28?

Alta Alleman ·

Dit is die nuwe generasie vir ons land. Wat n teleurstelling.

miche ·

Die skorsings val so reg in die skorrie-morries se kraal want hul Wil nie juis skoolgaan nie. Vind ander maniere om hul te straf.

VaalDonkie ·

Hoe mis ek nou my skooldae daar in die Noord Vrystaat. Dit was net so chaoties daar.

Nicholaas ·

En dit hoekom baie van ons nie wil he ons kids moet saam sulke kinders in een skool wees nie maar dan word ons uit gemaak as rassiste.

T-Man ·

Wonder wat Lesufi sal sê… oh nee wag daar nie wit leerders betrokke nie….

Republikein in die Wes Kaap ·

Nee ‘n les oor voortplanting wat verkeerd geloop het.

Piet parys ·

On opgevoede kinders van onopgevoede ouers . Die tipe kinders wat die land moet vorentoe vat . Resep vir n onstabiele land .

Pampoen ·

Ek is nie ten gunste van lyfstraf nie, maar in die geval is dit al wat gaan help.

Wielspore ·

Die ouers is gehoorsaam aan die kinders …… en dit is die gevolge.

Frank John ·

Ek lag vir die demokrasie wat hulle hul hoop opgesit het. Dis ‘n grap

Leon ·

Lekker hier in die SA se onderwys stelsel. Dit lyk eerder asof hulle skoliere die fyner kunsies van misdaad leer, so a la ANC

Jack ·

Ek is verbaas dat die skote nie geklap het en messe uitgepluk is nie. Die skollies is die resultaat van die verotte gemeenskap. Net hulle kan dit stop. Vingerwys gaan hulle niks baat nie.

Mariana ·

Baie kan seker voor bende se deur gelê word, maar toe die regering besluit dat lyfstraf en dissipline nie meer geld nie, het hierdie kinders gesmile. Nou is hulle onopgevoede kinders wat kan maak soos hulle wil. Onderwysers en ander leerders moet nou ly onder die chaos. Verbeteringskole is oplossing soos in die ou dae. Haal kinders uit hul omstandighede en woonplekke en kyk hoe verander hulle dalk te goede. Maar ons kan net hoop dat hulle self besef hulle is op die verkeerde pad. Ouers moet ook weer die leisels neem en hul kinders reg opvoed van kleins af.

Elizabeth ·

Wat noem ons die skoolkinders? Bendes of nie. Uitvaagsels? Hooligans? Onopgevoed? My simpatie lè by die onderwysers. Ek wil nie met die gemorsklomp deurmekaar raak nie.

Hennie Biebouw ·

…want dit is waarskynlik wat hul saans en naweke by die huis sien….

Veronika ·

En dan moet due skole 50/50 wees en ons kinders aan sulke gemors blootgestel word! Ek dink nie so nie!!!!!

Blikkies ·

Al wat hulle gekort het is ‘Guns’en Ókapi’s’, dan was dit nou ‘n perfekte Cape Flats bende fight.

Janine ·

Sies man! Wat ‘n absolute SKANDE dat kinders so optree! Ek skaam my dood!

Impartial ·

As ek kyk na die klomp het n paar al hul 21st gehou in die skool se saal. So iets sou nooit gebeur het in my skooljare nie, jy sou dit nie waag nie!

Heleen ·

Dis wat sielkundige grootmaak doen. Geen respek Vir medemens, skoolklere of jouself. Wat jy saai sal jy maail. Geen simpatie nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.