11 in hof ná erwe op boer se plaas uitgemeet word

Sowat 600 grondbesetters het Maandagoggend op ʼn plaas net buite Virginia opgedaag, die veld begin brand en erwe vir hulself uitgemeet. Foto: Verskaf.

Elf mense sal Dinsdagoggend in die Virginia-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklagte van betreding.

Dít ná sowat 600 grondbesetters Maandagoggend op ʼn plaas net buite Virginia opgedaag het, die veld begin brand en erwe vir hulself uitgemeet het.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê sewe mans en vier vroue is in hegtenis geneem ná die polisie traangas moes gebruik om die skare van die plaas af uiteen te jaag.

“Die mense het die pad na Winburg met bande en vullis versper en die polisie met klippe bestook. Die polisie het ingegryp en die vullis verwyder. Later het nog ʼn klomp betogers die pad agter die Meloding-nedersetting versper en hulle is ook uitmekaar gejaag,” het Mbambo gesê.

Volgens haar is daar nou nagenoeg 100 gemeenskapslede wat na die hof opruk ter ondersteuning van dié wat in hegtenis geneem is.

“Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde monitor die situasie,” het Mbambo gesê. Die situasie op die plaas is volgens haar tans in bedwang en kalm.

Maroela Media het Maandag berig die besetters het omstreeks 08:00 by die plaas Christiana, wat aan Andries Pienaar behoort, opgedaag en die veld aan die brand gesteek.

“Die boer het die polisie in kennis gestel en lede van die polisie-eenheid vir openbare orde, genoeg om met daardie skare af te reken, is na die toneel ontplooi,” het Mbambo gesê.

Johan Terblanché, brandbeskermingsbeampte van die omgewing, het gesê tussen 200 en 300 ha goeie rooigrasweiding is afgebrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hannes

Nou is dit al lankal te laat om terug te tree met die planne van grondonteiening. Die verwagting is klaar geskep en hulle gaan reg in eie hande neem maak nie saak wat gebeur op regeringsvlak nie. Hier kom groot moeilikheid.

Mielie

Dit is skrikwekkend wat in hierdie land aangaan. Dis in my opinie nie net JM nie maar ook Zuma se troepe wat besig is om die land onregeerbaar te maak. Misdaad is die orde van die dag. Ek dink daar is od n staatsgreep of n noodtoestand op die kaarte. Hierdie is absoluut die einde van vrede. Ek is in my hart verskriklik bekommerd. Die ondersoeke na korrupsie is besig om mense baie angstig te maak. Hierdie is die kop van die slang………

Jacques

Hoekom gaan beset hulle nie grond in die leeu kamp in die wildtuin nie ? Dit is ook mos grond wat “NIKS” beteken nie .

Matroos

Wat my regtig dwars in die krop steek, is die talle navrae van grondlose, eiendomlose blankes (en ander minderheidsgroepe maar veeal blankes) wat handjies vryf soos kaffee-vlieë en met blink kraalogies net wil verneem of hulle ook grond gaan kry, voor hulle besluit aan watter kant hulle sal staan. Ek wil net hulle brandende onsekerhede gerusstel met die absolute versekering dat hulle NIKS gaan kry nie en ook waarskynlik van dit wat hulle wel besit onteien sal word sonder vergoeding, al is dit net ‘n pot en kombers. Ek volg alle openbare en geheime diskoerse oor hierdie aangeleentheid met intense… Lees meer »

Wurmpie

Daar is omtrent 600 maar net 11 word inhegtenis geneem. Nou verstaan ek nie? Word die ander gelos dat hul maar kan voortgaan met grong beset?