11 in hof ná erwe op boer se plaas uitgemeet word

Sowat 600 grondbesetters het Maandagoggend op ʼn plaas net buite Virginia opgedaag, die veld begin brand en erwe vir hulself uitgemeet. Foto: Verskaf.

Elf mense sal Dinsdagoggend in die Virginia-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklagte van betreding.

Dít ná sowat 600 grondbesetters Maandagoggend op ʼn plaas net buite Virginia opgedaag het, die veld begin brand en erwe vir hulself uitgemeet het.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê sewe mans en vier vroue is in hegtenis geneem ná die polisie traangas moes gebruik om die skare van die plaas af uiteen te jaag.

“Die mense het die pad na Winburg met bande en vullis versper en die polisie met klippe bestook. Die polisie het ingegryp en die vullis verwyder. Later het nog ʼn klomp betogers die pad agter die Meloding-nedersetting versper en hulle is ook uitmekaar gejaag,” het Mbambo gesê.

Volgens haar is daar nou nagenoeg 100 gemeenskapslede wat na die hof opruk ter ondersteuning van dié wat in hegtenis geneem is.

“Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde monitor die situasie,” het Mbambo gesê. Die situasie op die plaas is volgens haar tans in bedwang en kalm.

Maroela Media het Maandag berig die besetters het omstreeks 08:00 by die plaas Christiana, wat aan Andries Pienaar behoort, opgedaag en die veld aan die brand gesteek.

“Die boer het die polisie in kennis gestel en lede van die polisie-eenheid vir openbare orde, genoeg om met daardie skare af te reken, is na die toneel ontplooi,” het Mbambo gesê.

Johan Terblanché, brandbeskermingsbeampte van die omgewing, het gesê tussen 200 en 300 ha goeie rooigrasweiding is afgebrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Hannes ·

Nou is dit al lankal te laat om terug te tree met die planne van grondonteiening. Die verwagting is klaar geskep en hulle gaan reg in eie hande neem maak nie saak wat gebeur op regeringsvlak nie. Hier kom groot moeilikheid.

Dina ·

Dis ook te laat om planne vir selfbeskikking nou terug te trek want dit sal moet gebeur as ons nie in plakkerskampe wil opeindig nie.

Mielie ·

Dit is skrikwekkend wat in hierdie land aangaan. Dis in my opinie nie net JM nie maar ook Zuma se troepe wat besig is om die land onregeerbaar te maak. Misdaad is die orde van die dag. Ek dink daar is od n staatsgreep of n noodtoestand op die kaarte. Hierdie is absoluut die einde van vrede. Ek is in my hart verskriklik bekommerd. Die ondersoeke na korrupsie is besig om mense baie angstig te maak. Hierdie is die kop van die slang………

Jacques ·

Hoekom gaan beset hulle nie grond in die leeu kamp in die wildtuin nie ? Dit is ook mos grond wat “NIKS” beteken nie .

Matroos ·

Wat my regtig dwars in die krop steek, is die talle navrae van grondlose, eiendomlose blankes (en ander minderheidsgroepe maar veeal blankes) wat handjies vryf soos kaffee-vlieë en met blink kraalogies net wil verneem of hulle ook grond gaan kry, voor hulle besluit aan watter kant hulle sal staan.
Ek wil net hulle brandende onsekerhede gerusstel met die absolute versekering dat hulle NIKS gaan kry nie en ook waarskynlik van dit wat hulle wel besit onteien sal word sonder vergoeding, al is dit net ‘n pot en kombers.
Ek volg alle openbare en geheime diskoerse oor hierdie aangeleentheid met intense belangstelling en kan hulle verseker dat wat ek nou hier bevestig die waarheid is. Ek hoop hulle neem kennis.

Wurmpie ·

Daar is omtrent 600 maar net 11 word inhegtenis geneem. Nou verstaan ek nie? Word die ander gelos dat hul maar kan voortgaan met grong beset?

Buksie ·

Jip hulle gooi petrol en steek die veld aan die brand, dit is net die voorstes wat gevang is .. belaglik want ek hoor gister die mense wat vir ’total shutdown’ teen abuse teen vroue gestap het is STRAFREGTELIK vervolg en die ander is versoek om hulle self aan die polisie oor te gee .. te vreemd hoe SELEKTIEF die vervolging werk.

Asmain ·

Lyk nie of daar planne is om die grond vir boerdery bedrywighede aan te wend as erwe uitgemeet word …. so plase gaan in “woonbuurtes” omskep word…waar gaan kos vandaan kom? Is daar regtig geen ander grond beskikbaar vir suburbia nie???

Ben ·

1> Waar kom hierdie mense vandaan? Is hulle Suid Afrikaner of kom hulle van die buurlande?
2> As die regering nie sy mense en hulle bates beskerm nie, dan is ons mos nie meer belasting pligtig nie want tegnies bestaan die regering nie meer nie ? Wat is die doel van hierdie regering? Om ryk te word?
3> Dit is ook baie sleg dat die Regerings Amptenare en ministers nie hulle burgers reg help nie. Uiters swak leierskap.

Charles ·

Vat die plase, vat alles; die ryk en wel-af “Afrikaners” gee nie om oor ons taal of kultuur nie; net oor hulle bates en wereldse besittings.

Afrikaans ONS TAAL is hulle reg om te verwerp ter wille van rykdom en wereldse belonings, en om nie om te gee daaroor nie en om dit te laat wegkwyn; maar nou dat hulle eiendom in gevaar is, nou gee hulle skielik om en is hulle op hulle agtervoete, vat dit alles, dat hulle ‘n les geleer word!

Michelle ·

Bewys asb wie jou wel-af Afrikaners is wie se plaas nou beset word en nie omgee vir die taal nie. ‘n Baie generiese onbewysbare afleiding. Stel jy voor daar word ‘n register opgestel van watter boer wat gesê het, en slegs die wie sê waarvan jy hou moet ondersteun word?
Nou is werklik nie die tyd hiervoor nie, dit wat op die spel is is belangriker as wat Piet nou eintlik van Koos dink.
Boere/eiendoms eienaars julle het almal my ondersteuning soos dit in my mag is om aan te bied. Staan sterk en moenie ingee.

Corrie ·

Ek hoop daai plaas eienaar dagvaar Ramaposa en Malema vir sy voer wat afgebrand is dis mos hulle wat vir die mense gese het hulle kan grond net vat!!

Johannes ·

Gerrit, stem 100% saam! Ons Afrikaners is so verlam deur ons eie volksgenote se liberale en polities korrekte denkwyse dat ons nie meer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie. Ons het ook geen ruggraat meer om op te staan en terug te veg nie… Die kommunistiese ANC het ons identiteit totaal verwoes. Nou is ons sonder leier, sonder plan, sonder hoop…

G. Jacobs ·

Nee Johannes, toe dit goed gegaan het en die rykes lekker geleef het, was dit elkeen vir homself. Onthou jy. Noudat hulle besittings en rykdomme bedreig word, nou moet ons “saam staan”.
Nou moet selfs die wat deur hulle onderdruk was en op neergekyk en in hul armoede uitgebuit was, “saam staan”. Ek het nuus vir jou.
Ons wat swaargekry het onder julle en wat deur God gedra was, is lankal gereed vir hierdie tyd. Ons is gelouter deur swaarkry. Ons raak nie paniekerig nie en ons het geen vrees nie. Ons is gereed. Ons gaan ook nie ons bloed stort om julle besittings te red nie, want dit beteken vir ons niks. Sterkte ou maat, julle is op julle eie!

Eish ·

Die massas verstaan presies wat bedoel word. Dit wat belowe is vir hul stem.
Die woordgimnastiek is vir ons ore bedoel.

Magaretha van heerden ·

Kan nie alles glo nie. Waar is die foto van 600? Daar staan n handjievol. Hoekom wys hulle dan nie die groot skares nie? Ek weet alles is baie sleg maar laat ons nie paniek saai deur te vergroot nie. Daar was dalk 600 maar hoekom is hulle nie op die foto as bewys nie?

Lana ·

Magaretha, lees die berig t.o.v. dié besetting by 6 Augustus. Die brandbestrydingsbeampte, Johan Terblanché, wat op die toneel was, het gesê die groepe het 200 tot 300 meter weg van mekaar gestaan.

Lynette ·

Ag Margaretha, die foto is geneem nadat hulle uitmekaar gejaag is, dit is die rede waarom jy nie die massas sien nie en Wurmpie, nadat hulle uitmekaar gejaag is het van hulle vuilis en bande gebruik om pad te blokkeer en toe die polisie met klippe bestook, so ek neem aan dis die mense wat gearresteer is.

1+1 ·

As hulle tog net ‘n voorbeeld wil maak van die handjievol wat wel gevang is, kan dit miskien die massas wat ons nie op die foto sien nie afskrik om weer so iets te probeer doen.

Maar helaas, ons weet mos van beter. Dit gaan oor ‘n moreel-etiese kwessie, ‘n waardesisteem wat nie bestaan nie!

JC ·

Charles, ek gaan akkoord met jou – MAG JAN RABIE SE SIEL IN VREDE RUS; EN DIE RYKES EN VERMOEN-DES WAT AFRIKAANS VERRAAI HET; HUL VERDIENDE LOON KRY EN GEPEPER WORD MET DIE VRUGTE VAN DIT WAT HULLE SO LUSTIG GESAAI HET.

John ·

CR het die taak van die polisie wat reeds hulle hande vol het, nou dermate vergroot na sy lukraak toespraak oor grondonteiening. Dit was kortsigtig of aspris om die bal aan die rol te kry. Moenie eens daaraan dink om vir ‘n paar dae die plaas te verlaat nie, want die nuus sal gou voete kry.

Dennis ·

So, hulle soek so graag grond om te boer, maar die eerste ding wat hulle doen is om al die weiding af te brand. Dit alleen vertel jou mos hoe gaan mense van die honger sterf in Suid Afrika,

Elize C ·

Ek weet dit het niks met hierdie berig te doen nie, maar weet iemand wat gaan aan op die R566 (pad tussen Brits en Rosslynn – Pta) tussen die M17 & M21? Daar word sink-struktuurtjies by die dosyne opgesit op die smal strook tussen die spoorlyn en die besige teerpad. Daar is beslis geen lopende water beskikbaar vir kilometers nie, om nie te praat van sanitêre geriewe nie. (Ek vermoed daar sal seker ‘putte’ opgerig word.)

GP ·

Ek het ook nie antwoord oor wat om te doen nie, maar ek is seker daar is ‘n antwoord.

Wat ek wel weet ons nie gaan help nie is as ons aanhou met.
Mekaar sleg se.
Aanhou se ons moet wakker word.
Aanhou se ons kan nie saam staan nie. In my opinie is dit snert. Net omdat ons nie hordes mense het wat net rondle en omgekoop word vir betogings nie beteken dit nie ons kan nie saam staan nie, ons kan.

Ons moet ophou om nuwe organisasies te skep en as meerderheid betrokke raak by een,
Ons lewe ook gereels in koekonne ek self bly in die dorp en ken nie eers my bure nie, sal moet verander.

Raak betrokke, hou moed.

hendrik ·

GP, jy is 100% in die kol. Ons kan saamstaan want swart Maandag het dit bewys.

Noeks ·

Dan moet ons boere ook maar almal by die hof opdaag. Ons wittes moet saamstaan!!

Ella ·

Ons boere moet dan ook maar by die hof opdaag en sien wat gebeur. Hulle kom weg met moord en ons sit en kyk hoe hulle dit doen. Jammer ek was nie naby om ook my afkeuring te wys nie. Ons wittes moet nou saam staan!!

Se maar net ·

My beskeie opinie is dat, as ek ‘n boer was en hulle onteien my grond sal ek ontslae raak van alles wat ek kan en dan die rest tot op die grond afbrand (huis, landerye, alles). Ek sal niks op daardie plaas vir hulle los nie, hulle kan self maar weer opbou.

GP ·

Hulle soek nie grond om te boer nie. Hulle soek grond om op te plak, en gaan elkgeval alles self afbrand.

Moenie goed afbrand nie ons moet saamstaan en dit veg, Eers met die gereg en ander maniere as dit nie werk nie. Hoe vinniger dit gestop word hoe beter, voor dit weghardloop.

Ons behoort te dink oor hoe ons dit gaan beveg i.p.v te praat hoe ons als gaan afbrand. Dis in elkgeval nie in ons aard nie en hulle gaan ook nie omgee nie.

Chrisjan ·

Dankie GP vir jou “common sense”. Lyk my ons is so verlam deur die massa se mannewales dat ons nie meer rustig/nugter kan dink nie.

Anoniem ·

Ek wonder net wat het die regering gedink, gaan gebeur??? Dis chaos in die land!! O ja, hulle het nie gedink nie….!!!

Irene ·

Rc en malema kop in een mus dat a president sulke dinge in a land toelaat kan ek nue verstaan nie hoe kan jy respek he vir dit rc maak reg wat jy verbrou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.