11 in hof vir groot renosterstroopsaak

Argieffoto

Argieffoto

Elf mense, waaronder twee veeartse en drie professionele jagters, het Maandag vlugtig in die Pretoriase hooggeregshof verskyn op aanklagte wat verband hou met renosterstropery, onwettige jag en afpersing.

Die beskuldigdes is Dawie Groenewald, ʼn wildboer, en sy vrou Sariette; die twee veeartse Karel Toet en Manie du Plessis; Toet se vrou Marisa; Toet se werker Koos Pronk; die jagters Tielman Erasmus, Gys du Preez en Nardus Rossouw; Dewald Gouws, ʼn helikoptervlieënier; en Paul Matomela, ʼn plaaswerker.

Die verdagtes was glo betrokke by onwettige renosterhoringhandel en staar altesaam 1 872 aanklagte van afpersing in die gesig. Die groep was na bewering betrokke by ‘n netwerk wat renosters vir hul horings gestroop en daarmee handelgedryf het.

Staatsaanklaer Joanie Spies, in oorleg met die regterpresident en die verdediging, het ingestem dat die verhoor uitgestel word hangende die uitkoms van ʼn ander siviele saak wat met jagwetgewing verband hou.

Spies het ook gesê sy het verskeie besware van die verdediging ontvang, en dat van die besware herhaal word. “Ek het op 4 Julie ʼn dokument van 739 blaaie van een van die beskuldigdes ontvang waarin die persoon se besware aangeteken is. Ek het ook ʼn 400 bladsy dokument van ʼn ander verdagte ontvang. Ek het reeds op al twee dokumente reageer,” het Spies gesê. Dit is nie duidelik op watter aanklagte hulle beswaar aanteken nie, of wat die rede daarvoor is nie.

Regter Peter Mothle het die saak tot 4 Augustus 2015 uitgestel. Die verdagtes se borgtog is verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Babs ·

So sal dit seker weer onder die mat ingevee word. Vat alles af wat aan hulle behoort. As jy nie wil hoor nie moet jy voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.