Altesaam 11 mense is Vrydagaand in ʼn Kaapstadse voorstad doodgeskiet.
Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê verskeie skietvoorvalle het in die Marikana- informele nedersetting in Nyanga plaasgevind.
Volgens mediaberigte is vier mense in ʼn shebeen doodgeskiet toe onbekende verdagtes op hulle losgebrand het. Nóg vier mense is by ʼn plakkershut doodgeskiet en twee liggame is naby dié toneel, tussen plakkershutte, aangetref.
Twee mense is tydens die skietvoorvalle beseer. Een van hulle is in die loop van die aand in ʼn hospitaal dood.
ʼn Groot polisieteenwoordigheid is tans in die nedersetting om die situasie te monitor en die moorde te ondersoek.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Nou wil hul vuurwapen lisensies ampers onmontlik maak om t ebeom maar die spul kan ekjou wed het dit glad nie, ook nie aansoek gedoen daarvoor nog minder glo ek (mag verkeerd wees) dat hul wettige eienaars van die vuurwapens is. Heel moontlik êrens “gekry”. Ai tog, dis soos oorlog deesdae.
Geen wet en orde as dit kan gebeur …niemand is eers bang vir die polisie !
11 mense doodgeskiet.
Geen respek vir lewe in die helhool nie.
Aardige manier om geskille te beredder.
Klink meer na die mafia as enigiets anders.
Ja dit is die nuwe Suid Afrika vir jou!!
Stem!!!!!!!
Tenminste weet ons waar is die vuurwapens wat deur die geskorsde sapd lede wat geskors is en uitgedeel is nê kaapstad het n groot bende nes geword tot deur op die nuus in die week 66% van skoolkinders daar positief getoets vir delms ja ek weet dit is nie die kaap alleen nie dit gebeur oral
Dis mos nou die nuwe verbeterde Suid-Afrika ?!?!