11 in Khayelitsha doodgeskiet, noodingryping gevra

(Argieffoto)

Altesame 11 mense is Saterdag op verskeie plekke in Khayelitsha in die Wes-Kaap doodgeskiet terwyl sewe gewond is. Voorlopige inligting dui intussen daarop dat al die skietvoorvalle moontlik met mekaar verband hou.

Volgens Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, is daar etlike aanduidings dat dié moorde deur georganiseerde groepe gepleeg is.

Fritz het ʼn beroep op die polisie gedoen om dringend in te gryp.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, sê die eerste slagoffer se liggaam is Saterdag omstreeks 10:00 met verskeie skietwonde in Banzistraat aangetref. ʼn Vuurwapen en ʼn aansienlike bedrag kontant is op die toneel gevind.

Twee Somaliërs is as deel van vermoedelik ʼn vergeldingsaanval in die voorval Saterdagmiddag by T110 geskiet. Een Somaliër is op die toneel dood terwyl die ander een in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem is.

Nóg drie mans is later daardie middag in die RR-afdeling van Khayelitsha doodgeskiet. Volgens Potelwa word dié skietvoorval glo met die vorige twee voorvalle verbind.

Intussen is twee ander mans by ʼn spazawinkel in die Y-blok doodgeskiet. Een man is in die tuin en die ander man in ʼn voertuig vermoor.

“Berigte dui ook daarop dat twee ander Somaliese burgers naby ʼn spazawinkel in die omgewing geskiet is. Een is op die toneel dood terwyl die ander slagoffer na ʼn hospitaal geneem is waar hy later dood is.”

Nog inligting het intussen aan die lig gekom dat nóg twee slagoffers met skietwonde na die Tygerberg-hospitaal en die Khayelitsha-distrikshospitaal geneem is. Hulle is later in die onderskeie hospitale dood.

Potelwa sê die polisie het reeds bykomende polisiebeamptes in die gebied ontplooi terwyl speurders van die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek instel.

Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende polisiehoof in die Wes-Kaap, het die 72-uur-aksieplan geaktiveer sodat hulpbronne ingespan kan word vir die grootskaalse soektog na die skieters.

Spesifieke leidrade word in dié stadium opgevolg.

Fritz het die moorde ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op mense gedoen om na vore te kom met enige inligting daaroor.

“Ons moet ʼn einde maak aan hierdie sinnelose moorde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jack ·

Jammer maar hier gaan jy nie die sinnelose moorde stopsit nie.Hier is elke man vir homself en om iemand te skiet vir ‘n R50 foon is heel normaal.

RS ·

Bring die doodstraf terug en hou op om n krimineel meer regte te gee as die slagoffers.

Nie Verbaas ·

Stem 100% saam. Tronke sal dan plek he vir minder ernstige misdadigers.

Vrijburger ·

Jammer, ek moet verskil – die ANC regering kan nie met die doodstraf vertrou word nie.

Tubac ·

Die Somaliers het begin om handel te begin dryf in ander se area.

Anoniem ·

Volgens ‘n ander koerant is etlike verdagtes in Seepunt in hegtenis geneem. Dis ‘n algemene feit dat die area krioel van ‘n sekere Wes-Afrika land se burgers…..

Werner ·

Met vandag se onregverdige regstelsel is die doodstraf die laaste maatreel wat teruggebring moet word..Waneer word nood maatreels op die plase bepleit want soos die naweek weer word ons afgemaai soos vlie

Blikke ·

Hierdie nonsens sou verseker nie so hele klompie jare gelede geduld gewees het nie….

Debby ·

Want toe was ons grense nie so oop soos n vandiesie veiling nie

Blikke ·

En toe was daar nog n weermag en polisiemag met slaankrag!!!

Misky ·

Hoekom moet fondse en taakspan ingespan word om uitlanders (Somaliers) se nonsens uit te sorteer? Maak die grendse TOE en laat die klomp immigrante huis toe gaan. Hulle kom maak amok hier en ons betaal die prys ten duurste

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.