11 jaar tronkstraf ná vrou tienerseun verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige vrou is tot 11 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy ʼn 16-jarige seun in 2013 verkrag het.

“Nontobeko Gwala het die seun op 17 Junie 2013 verkrag en ʼn kind, wat die voorval aanskou het, aangerand,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, Maandag in ʼn verklaring gesê. Gwala is Vrydag in die Esikhawini-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis.

“Die twee slagoffers het die voorval by hul ouderlinge aangemeld en ʼn saak van verkragting en aanranding is by die Mtunini-polisie aangemeld,” het hy bygevoeg. Die beskuldigde is dieselfde dag nog in hegtenis geneem.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisneming en vonnis verwelkom. “Ons wil ʼn duidelike boodskap aan alle oortreders van seksuele misdade stuur,” het sy gesê. “Die reg sal sy gang gaan. Dit is betreurenswaardig dat ʼn vrou haarself aan só misdaad skuldig gemaak het, maar die publiek moet weet ons sal alle sake ondersoek ongeag wie die oortreders is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

KarooKlong ·

Louis, dit is duidelik dat jy nie die berig gelees het nie. Ek stel voor jy lees weer.

Tonginniekies ·

KarooKlong – Ek sien hulle het van jou kommentare ook afgehaal sedert vanoggend. Laat my wonder wie het daaroor gekla? Seker grain. Miskien moet ons oor grain kla omdat dit in Ingels skryf…

KarooKlong ·

Middag Tonginniekies. My sin vir humor verskil en daarom sal jy agterkom dat ek nie op die volksvreemde tale se sinlose kommentaar reageer nie.
Ek het my verbeel hierdie is ‘n Afrikaanse blad en ek staan daarby.
Maroela het die vetoreg vandaar die verwydering maar hulle sal my laat weet as ek nie meer mag kommentaar lewer nie. Nie daai korrel nie.

Dave ·

Jy het ondersteuning vir jou voorstel (en dit is nie tong in die kies gesê nie).

KenDieWet ·

Dis jammer dat die wat eerste kommentaar lewer die minste kennis het. Google die Wet op Sekseule Misdrywe 32/2007

Eish! ·

Glo my ‘n vrou kan ‘n man verkrag. Veral met skerp voorwerpe. Ek was in ‘n posisie waar ek lasriewe ens gelees het. Jul sal nie glo hoe wreed ‘n vrou kan wees nie. ‘n Vrou is die sagste wese, maar kan ook die wreedste wees. Hou dit in gedagte.

Maria ·

As ek so lees besef ek die meeste afrikaners is heeltemal onkundig en oningelig oor d feit dat hordes vrouens baie skuldig is daaraan dat hul seuntjies molesteer en ja, jong seuns verkrag. Dis ongelukkig een van die seksuele misdade in ons land waaroor daar die minste gepraat word en navorsing gedoen word want dit word glad nie aangemeld nie…. So volgens die ou afrikaner siekte van “hear no evil , see no evil ” bestaan dit nie.

Se Maar Net ·

11 Jaar?? Hulle moes haar lewenslank gegee het. En ja dit klink bietjie snaaks dat ‘n vrou ‘n man kan verkrag. Maar spyt is ‘n snaakse ding, baie goeie ding inteendeel. Kom net te laat….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.