11-jarige beseer toe wagte losbrand

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: pixabay)

ʼn Kind van Witrivier in Mpumalanga is beseer toe hy vandeesweek in die kruisvuur tussen veiligheidswagte en verdagtes beland het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê ʼn 11-jarige kind het matige beserings opgedoen toe verskeie skote op ʼn motor in Witrivier afgevuur is.

Die skietery was glo tussen ʼn bekende private veiligheidsmaatskappy in die gebied en insittendes van ʼn motor.

Twee wagte verbonde aan die veiligheidsmaatskappy is glo reeds in hegtenis geneem. Maroela Media het ʼn navraag hieroor aan die polisie gerig, maar wag nog op terugvoer.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het die voorval ten sterkste veroordeel en sê private veiligheidsmaatskappye moet hul weerhou van skietgevegte in die strate wanneer daar geen onmiddellike gevaar is nie.

Hy het ook daarop aangedring dat ʼn uitgebreide verslag oor die gebeure aan hom oorhandig word.

“Private veiligheidsmaatskappye speel ʼn belangrike rol in die voorkoming van misdaad. Ons het al baie gevalle gehad waar hulle vinnige optrede gehelp het om misdaad te stuit en selfs lewens te red,” sê Shongwe.

“Gegewe die positiewe werk wat veiligheidsmaatskappye verrig, is dit dus belangrik vir wagte om daagliks daarop ag te slaan om nie ander mense se lewens in gevaar te stel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

Hoekom sou die wagte op die motor geskiet het? Die insittendes het terug geskiet? Rede?

Johanna ·

Daar is te veel wette oor wanneer jy Mag en NIE Mag NIE. As enigeen my dreig of aanval Kan hy maar sy kids reg Hou. Ek Gaan NIE toelaat Dan hy eerste skiet nie

marius ·

Waar was die polisie? Sit en slaap agter ‘n lessenaar want privaat veiligheid moet hul werk vir hulle doen.

Anel ·

So die veiligheidswagte mag nie skiet nie maar die kriminele mag maar rond en bont skiet. Iets maak nie sin nie!

Harley Davidson ·

As die polisie nie so pateties was nie sou daar nie ‘n nodigheid gewees het vir sekuriteits maatskappye, jy kan niks doen aan die polisie nie so lei die sekuriteit beter op.

Amelia ·

stem die klimk nie reg nie glo glad nie veiligheids wagte sal net skiet nie dink maar bietjie dieper in saak gaan

Francois ·

Miskiet was van Vusi se familie lede in daai kar betrokke daarom die groot bohaai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.