11-jarige doodgeskiet, pa ernstig beseer

Argieffoto (Foto: Marcus Trapp/Pixabay)

ʼn 11-jarige seun is Vrydagaand doodgeskiet en sy pa ernstig beseer by hul huis in Batho, Bloemfontein.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 22:00 na die Batho-polisiestasie ontbied waar ʼn man met ʼn skietwond in sy maag opgedaag het. “Hy is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem. Sy vrou het gesê ʼn man het by hul huis opgedaag en op hulle losgebrand. Sy het gesê hul 11-jarige seun is dood by die huis.”

ER24 het ʼn ambulans na die huis gestuur waar hulle op die 11-jarige seun se liggaam afgekom het. Hy het ʼn skietwond in sy bors gehad.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ella ·

11 jarige doodgeskiet? Hoekom? Is hy n bedreiging vir ander dwelmhandelaars?
Ek wil graag vandag vir Mnr Ramaphosa en sy regering sê: ons is G.TVOL vir die land wat julle geskep het en waarin ons nou moet woon.
Ek wil met alle geweld(!) weggaan maar ouderdom en geld tel teen my.
Elke Jan Rap en sy maat kan die land binnekom en dan Minister Pandor die arme migrainte so jammer omdat ons mense vir hulle kwaad is en teen hulle opstaan maar soveel van hulle betrokke by misdaad en dwelmhandel en prostitusie en min van hulle word ooit vasgetrek.
Ek hoop en bid dat iemand in die regering n oplossing vir die land se probleme sal bedink .
Ek het nie baie hoop daarvoor maar ons bly hoop…

Kallimaari ·

Ella, nét Jesus kan ons help. Ramaphosa sal jou faal, nes Maimane en enige ander mens. Plaas jou hoop op Hóm, want Sy hoop beskaam nie.

Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
EFÉSIËRS 6:12 AFR 53

Joon ·

Kalimaari ek stem 100% saam. Ramaphosa net n mens n instrument in GOD se hand. Bid, bid en nogmaals bid en opreg bid. Al wat gaan help. Ons kniee Ken en kan nie meer buig.

Ferdie ·

Dit was lid van Polisie wat sy x se vriend geskiet het en toe sterf die onskuldige kind

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.