11-jarige het verkragtingslagoffer gered

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 11-jarige seun van Zamdela in Sasolburg in die Vrystaat het ʼn vrou gered deur sy vinnige optrede.

“Die beskuldigde, Mpho Paul Makoko, het omstreeks 10:00 op 26 November 2016 na sy vriend se huis gegaan, maar sy vriend se meisie was alleen by die huis,” het kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, Donderdag verduidelik. “Hy wou weet waar sy vriend is, maar die meisie het net gesê hy is nie by die huis nie. Die vrou het met haar wasgoed voortgegaan toe Makoko in die huis ingegaan het en skielik met ʼn mes teruggekeer het.”

Volgens Hani het die man die vrou met die mes gedreig. “Sy wou weghardloop, maar Makoko het haar agternagesit en in die straat geslaan. Die mense in die straat het net die voorval aanskou en niks gedoen nie.”

ʼn 11-jarige seun, wat ʼn ent daarvandaan gespeel het, het vinnig reageer en sy pa by die werk gebel. “Sy pa het dadelik van die werk af huis toe gekom en het na die huis toe gegaan. Hy het geroep, maar niemand het geantwoord nie. Hy het in die huis ingegaan en toe ʼn vrou hoor skree,” het Hani bygevoeg.

Die pa wou dadelik die slagoffer red en Makoko het met hom begin baklei. Makoko het tydens die struweling ontsnap.

“Speurder konstabel Mamokete Sejake van die eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming in Zamdela, het deurnag gewerk en Makoko is in dieselfde erf waar die misdaad gepleeg is, aangetref,” het Hani bygevoeg.

“Die man is binne vier maande van die voorval tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die misdaad. Die speurder het só goeie werk gedoen dat die hof nie eers DNS-bewyse gesoek het om ʼn skuldigbevinding te verseker nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

W o n d e r l i k !!!

Trots op daai 11-jarige kind EN sy pa EN al die ander wat so goed meegewerk het dat die onheil in die tronk is waar hy hoort.

w ·

Wel gedaan seun. En vi die pa jys n agtermekaar man. Baie baie dankie dat jy betrokke geraak het. SAPS speurder fantastiese werk. Ai as almal soos hierdi mense omgegee het

Challa ·

Julle ysters. Gewoonlik wil niemand betrokke raak nie. Voobeeld vir ons almal. Doen so voort.

peanut ·

Ek wonder of hy van poging tot moord aangekla is. Na alles was hy gewapen, anders as die doodskis ouens, het hy n vrou ernstig aangerand, anders as die doodskis ouens. . . .
maar wag, anders as die doodskis ouens is hy nie wit nie, so, voila, geen poging tot moord nie, makli en logies
. . . .siek . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.