11-jarige met ma se vuurwapen geskiet

geweerʼn 11-jarige seun van Heidelberg in Gauteng is dood nadat hy glo Dinsdagmiddag per ongeluk met sy ma se vuurwapen geskiet is.

Kapt. Thivulawi Tshilate, ʼn polisiewoordvoerder van die Heidelberg-polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 17:00 plaasgevind.

“Die polisie het die seun dood aangetref in sy ma se slaapkamer,” het Tshilate gesê. “Hy het in ʼn plas bloed gelê, en het ʼn skietwond aan sy voorkop gehad.”

Tshilate het gesê ʼn vuurwapen, wat in die kind se ma se naam geregistreer is, is langs sy liggaam gevind. “Die seun het na bewering die kluis se sleutels sonder sy ma se medewete gevat, en die vuurwapen uit die kluis gaan haal. Sy ma en broer was elders in die huis toe hulle ʼn skoot gehoor het. Die kluissleutels was steeds in die kluisdeur se sleutelgat.”

Die moontlikheid word ondersoek dat die seun dalk met die vuurwapen gespeel het, maar die polisie kon dit nie bevestig nie. Daar is nie ʼn selfmoordbrief op die toneel gevind nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die kind se naam is nog nie bekend gemaak nie. Tshilate het gesê die Nasionale Vervolgingsgesag sal bepaal of daar bykomende aanklagte teen die kind se ma gebring gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

Ai, ai… so bittter jonk, so bitter hartseer. Baie baie erg, sterkte vir die familie. Ek hoop mense staan hul by…”there, but for the grace of God go I…”

nardus ·

snaaks genoeg sal mens dink almal wat sulke berigte plaas hulle feite agtermekaar het , wel kan ek net byvoeg dat dit my neuf se kind was en dat hul suster soos na verwys in die berig in Austrialia bly en nie met die tyd van die voorval daar was nie, met dit wil ek sterkte se aan my neuf en sy vrou , ek vetrou dat God jul gesin deur die moeilike tyd sal dra.

Belinda ·

Dankie Nardus vir die regte inligting en hoop en dra jou neef en almal op in Gebede……………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.