11-jarige se liggaam in PE ontdek

Argieffoto

Die polisie in Port Elizabeth het ʼn uitgebreide soektog na verdagtes begin ná die liggaam van ʼn 11-jarige seuntjie op ʼn vullisterrein in die stad gevind is. Hy is vermoedelik vermoor.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het gesê inwoners van die omgewing het Eugene Commons se liggaam by die vullisterrein in Kerkstraat, Missionvale, gesien en die polisie ontbied.

Eugene is glo die laaste keer saam met maats gesien waar hulle in die straat gestap het.

Volgens sy ouers bly die seuntjie gereeld by vriende oor en is hulle nie bekommerd wanneer hy nie terugkeer nie.

Janse van Rensburg het gesê daar was sigbare beserings aan die kind se nek en brandmerke aan sy gesig en maag.

ʼn Nadoodse ondersoek om die presiese oorsaak van sy dood vas te stel, moet nog gedoen word.

Die polisie ondersoek ʼn moordsaak, maar die motief vir die moord is nog nie vasgestel nie.

Die polisie het ook ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die Algoa Park-polisiestasie te kontak met enige inligting oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lady ·

So hartseer. Elf jaar oud en bly soms by vriende oor…daarom was ouers nie bekommerd nie. Ek is seker dan oorbeskermend maar my kind is al self n mamma en as sy net n dag niks van haar laat hoor nie raak ek paniekerig. Elf jaar oud is nog baie jonk om sommer net oor te bly sonder dat ouers weet of is hy regtig daar of nie. My innige simpatie maar asb ouers pas jou kind mooi op. Ek huil oor die want dit is so onnodig..

Susan ·

Klink vir my of die ouers hierdie kindjie dood mishandel het en net op ‘n ashoop gaan gooi het. Niks vir hul kind omgegee nie.

Bekommerd ·

Mens sien deesdae hopeloos te veel kinders wat op straat rondloop. Ouers, hou jul kinders uit die strate, weet waar jou kind is en waarmee hy besig is. Maak jou huis ‘n plek van liefde en ondersteuning sodat jou kind dit nie elders by maats hoef te soek nie. Wees op jou hoede as jou kind by bende betrokke raak. Ek dink bendegeweld is betrokke by die saak.

Semanet ·

Ouers moet meer begin oplet waar hulle kinders is. om te weet hy kom soms nie huistoe nie is erg genoeg.
vind uit by wie hy is en waar hy oorslaap. ek weet in vandag se lewe is niemand meer veilig selfs in jou eie huis nie en ek blameer nie die ouers nie. ek se maar net wees net meer oplettend.

mag die skuldiges gegvang word.

sterkte aan die ouers en Familie.
R.I.V seun.

Sê maar net ·

Ai, so hartseer. Hoe kan ouers nie bekommerd raak as ;n kind nie by die huis slaap nie. Ouers moet 24/7 weet waar hul kinders is. Die brandmerke aan sy gesig en maag en beserings in nek lyk vir my asof kindjie swaar gekry het…….

Ampie ·

Die ouers was nie eers bekommerd wanneer hul kind terugkeer nie…..watter tipe ouer is jy om so te redineer. Jou kind is al klaar op n vatbare ouderdom. Nee man regtig

WTF ·

Al slaap jou kind gereeld “oor” by ‘n maaitjie, moet jy tog nog steeds genoeg omgee om te weet by watter maaitjie. Die KIND is maar net 11 jaar oud. My kind is amper 23 en bly 200km van my af, maar ek maak steeds seker ek weet waar hy is en saam met wie sodat ek weet waar om te begin soek sou hy “wegraak”. Die ouers moet sommer die eerste verdagtes wees met die kind se dood. Rus in vrede kleinman :-(

NetEkke ·

Ek stem 100% saam met jou die ouers moet vir seker verdagtes wees. hoe het hulle nie geworry nie? nou hoef hulle nooit weer te worry nie. ek is 33 en getroud en my ma’le check nogsteeds op my.

Maljan ·

Op 11 was Ek darem al van die bottel en doeke af maar sou dit beslis nie gewaag het om te gaan speel nie, laat staan nog oorslaap so DER toestemming en sonder dat my ouers die wie, wat en waar geweer het nie.

Lady ·

Regtig hoe is mens nie bekommerd as jou kind van 11 jaar sommer net nie huis toekom nie. Neem aan hy slaap oor by maatjies. Dis vreeslik hartseer. Rus in vrede seuna. Ek so hartseer ek huil sommer al het ek die kindjie nie geken nie.

Johanna ·

RIV seun. Jy was rerig net te jonk en te klein nog om sommer oor te slaap sonder dat jou ouers hulle oor jou bekommer!! Saggies in Jesus se arms. Mag DIE wat dit aan jou gedoen het gevang word en behoorlik gestraf word.

Toetsie ·

Regtig??? Hoe meer nalatig kan ouers wees as dit? Bitter hartseer, maar hierdie ouers moet verantwoording doen!!!! Geen ordentlike ma en pa maak só nie! Net so skuldig soos die moordenaar!

m ·

Maak nie saak hoe liberaal jy dink jy is nie, as jou kind sommer by maats oorslaap en jy weet nie by wie of waar nie,, dan maak jy jouself aan “neglect” skuldig!! Dis ‘n minderjarige kind in hul sorg!

Sarel ·

Steeds gaan dit voort terwyl Politici veldtogte reen geweld gebruik vir Politieke veldtogte. Die Regering het lanlal die stadium bereik waar hy nie die land se kinders eers kan beskerm nie. Wys vir Harry hoelyk seuntjiecwat op ashoop gekry word of fetus wat in die asblik gevind word. Sal hom bietjie aarde toe bring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.