11-jarige steeds vermis wat by riviermond in water verdwyn

Foto ter illustrasie. (Foto: NSRI)

Daar is steeds geen teken van ʼn 11-jarige seun wat verdwyn het nadat hy Saterdag na bewering in die water by die Swartkopsriviermond in Port Elizabeth geval het en deur ʼn stroom meegesleur is nie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Sondag gesê sy lede is Saterdag omstreeks 18:45 ontbied, ná berigte van ʼn drenkeling by die riviermond ontvang is, het Justin Erasmus, stasiebevelvoerder van die NSRI se Port Elizabeth-stasie, gesê.

Die NSRI het saam met die polisie se kuswaterreddingseenheid, die Oos-Kaapse nooddienste en lewensredders na die seun begin soek, het Erasmus gesê.

Ondanks ʼn uitgebreide soektog van die see en kuslyn is geen teken van die kind gekry nie. Die polisie se traumaberaders staan die kind se gesin by.

Die soektog is Sondagoggend voortgesit, dié keer ook met die hulp van die polisie se honde-eenheid en lugvleuel.

“Daar is steeds geen teken van die kind nie. Ons gedagtes is by sy gesin in dié moeilike tyd,” het Erasmus gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PJC ·

Waar is die goeie ou dae toe daar orals reddingsboeie geplaas was waarmee enige lid van die publiek in staat was om drenkelinge te help sonder om hulself in gevaar te stel.

Liz ·

Maroela Media het jul nie iewers op facebook a blad of groep gehad nie? Ek is so seker ek was lid want ek sien nou geen berigte meer van julle nie? Ek mis julle!
Baie dankie
Liz

Attie. ·

Die drenkeling het seker ‘n naam gehad. Isdit ‘n normale speelplek vir kinders?

Nella ·

Attie, dit was blykbaar n fratsongeluk. Die sand het onder die seun se voete meegegee en hy het in die water geval, waar die stroom hom ingetrek het. Hy het langs sy Ma gestaan waar sy haar gesig afgespoel het. So hy het nie gespeel nie. Baie baie hartseer…..
Ek was baie beindruk met die seereddingspersoneel wat op die strand teenwoordig was. Die mense was fantasties. Ons kan gerus almal help om hulle organisasie te ondersteun aangesien hulle baie van skenkings afhanklik is om hierdie werk te kan doen.
Bluewater Bay Lifesaving Club julle doen wonderlike werk!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.