11-jarige steek maat glo met mes dood

Argieffoto: SAPD

’n Elfjarige seun van George sal na verwagting eerskomende Dinsdag op aanklag van moord in die hof verskyn nadat hy vandeesweek glo ’n 12-jarige seun met ’n mes doodgesteek het.

Die voorval het Woensdag vroegaand in Brucestraat in Borcherds plaasgevind.

Sers. Chris Spies, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die seuns het na bewering baklei waarna die jonger seun die ouer seun met ’n mes in sy nek gesteek het. Die aanval het net ná 18:00 plaasgevind en die seun is later deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Volgens Spies het een van die jonger seun se ouers hom ná die voorval na die plaaslike polisiestasie geneem waar die kind aangehou is. Hy is later in die sorg van sy ouers vrygelaat.

’n Ondersoek duur voort, het Spies gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Debbie ·

Dit is baie hartseer. Ek dink kinders pleeg sulke dade omdat dissipline in die ouerhuis en skole weggevat is. Kinders mag mos nie meer lyfstraf kry nie. Dit is mos teen hulle “mense regte”.

Leonard ·

Debbie, stem 100% saam. Ons omstandighede veswak DAAGLIKS met ALLE8 !

Mallie ·

Gaan daar nou ook getoi toi word, mindwrjarige kinders vermooe mekaar.

SomeOne ·

waar kom vandag se kinders daaraan om mekaar “dood” te maak
ons probeer om almal goed opgevoed te kry, die ouers laat die kinders in die steek

Sarel ·

Dit is die viorbeeld wat volwassenes stel saam met bendebedrywighede watter kans het die kinders

Amatambo ·

Die satan heers deesdae in die wêreld… GOD en GEBOD word by die venster uitgegegooi…

Pieter J ·

Messtekery was maar nog altyd ń groot probleem onder sekere gemeenskappe en sal nie maklik verander nie. Die minister van polisie moet liewers sy aandag hieraan wy in plaas daarvan om hom met ons wettige vuurwapens te bemoei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.