11-jarige sterf onverwags: ‘Ander ouers moet weet’

Roelf Uijs. Foto: Facebook

Roelf Uijs. Foto: Facebook

ʼn Ouerpaar van Lephalale (Ellisras) in Limpopo is in rou gedompel nadat hul 11-jarige seun Maandag onverwags oorlede is.

Roelf Uijs, ʼn gr. 6-leerder aan Laerskool Bosveld, is Maandagaand oorlede nadat hy Sondag met breinvliesontsteking in die hospitaal opgeneem is.

Briers Uijs, Roelf se pa, het Donderdag aan Maroela Media gesê hy hoop dat hierdie tragedie ʼn wekroep vir ander ouers sal wees om hul kinders as voorsorgmaatreël teen breinvliesontsteking te laat inent. “Ons het nie eens geweet daar is ʼn inenting teen breinvliesontsteking nie tot dit te laat was. Alle kinders en volwassenes móét teen hierdie siekte ingeënt word. Niemand moet ooit deurgaan wat ons deurgaan nie,” het ʼn emosionele Briers gesê.

Hy het vertel dat Roelf bitter min simptome getoon het en binne 24 uur nadat hy in die hospitaal opgeneem is, gesterf het. “Hy het net ʼn kopseer gehad hier bo sy oë en ons het hom dokter toe gevat. Roelf het maar met sinus gesukkel en die dokter het gedink dit is die sinus wat hom so hoofpyn gee,” het hy gesê.

“Sondagaand het sy oog toegeswel en blou geword en ek het hom hospitaal toe geneem. Die dokters het aanvanklik gedink dit is ʼn spinnekopbyt en Maandag 06:00 het ons met hom na ʼn hospitaal in Pretoria gejaag. Daardie oggend was die laaste keer dat hy nog by sy volle positiewe was. Hy het gesê, ‘Pappa, baie, baie dankie vir alles,’ en dit was die laaste keer dat hy nog sinvol kon praat.”

Volgens Briers het ʼn beenmurgtoets (lumbale punksie) by die Pretoriase hospitaal gewys dat Roelf breinvliesontsteking het. Hy is onder verdowing geplaas, maar teen die aand het sy niere begin ingee. Hy is daardie aand in die hospitaal dood.

“Roelf was so ’n geliefde kind, onder almal. Swart en wit, jonk en oud, hy was mal oor almal. En slim, ʼn regte akademiese uitblinker en kranige sportkind,” het hy gesê. “Hy was werklik ʼn liefdevolle, sondelose kind.”

Karin Meyers, ʼn personeellid verbonde aan die beheerliggaam van Laerskool Bosveld, het aan Maroela Media gesê die departement van gesondheid het die skool in die week besoek en inentings teen breinvliesontsteking as voorkomingsmaatreël vir Roelf se klasmaats en sportmaats gegee. SMS’e is ook aan ouers gestuur waarin hulle aangeraai word om hul kinders onmiddellik dokter toe te neem indien hulle enige griepsimptome het. Die dokters in die dorp is ook as voorkomingsmaatreël van die voorval ingelig.

Meyers het Roelf se dood as ʼn reusetragedie vir almal by die skool beskryf. “Daar is nie woorde om Roelf te beskryf nie. Hy was ʼn pragtige seun, akademies baie sterk en toegewyd en nog altyd ʼn uitblinker. Daar was nie ʼn sport waaraan hy deelgeneem het waarin hy nie presteer het nie. Hy het sommer in graad 6 al vir die eerste rugbyspan gespeel,” het sy gesê.

“Maar bowenal was Roelf ʼn nederige kind wat met almal maats was. Daar was nie ʼn uitsondering vir hom nie, hy was maats met almal. Hy was ongelooflik gewild. Almal het hom geken. Hier was net verskriklike hartseer in elke graadgroep toe ons hoor dat hy oorlede is. Sy dood is net ʼn ongelooflike verlies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Rina Rossouw van Pretoria. ·

My innige simpatie aan sy ouers…. Dit is bitter moeilik om sulke dinge te verstaan….Die mens wik en God beskik…..

Willien Liena Van Rensburg. ·

My innige mee gevoel aan die ouers, familie en vriende. Ek bid dat God vertroosting sal bring in almal se harte mag God jul krag gee en deur hierdie moeilike tyd dra.

Willie ·

Hartverskeurend! Ai tog…. Waar is die dae wat in entings verliptend was?

Lizelle Enslin ·

Immunisasie is steeds verpligtend. Jou kind kan nie met skool begin indien immunisasies nie op dstum is nie. Die immunisasie vir bakteriele meningitis is ongelukkig nog nie verpligtend en deel van die immunisasie skedule nie

Lise Cronje ·

Lizelle, Ja jy is reg – dis vreeslik hartseer en tragies dat sulke ding moet gebeur en die straat dit nie verpligtend maak nie. Ek het self breinvliesontstekking gehad Baie jare terug en dis GEEN grap nie, wat nog van ons kinders ?.

Baie Baie hartseer.

neelsie ·

God se genade wat julle sal dra.
Baie jammer, dis n hartseer wat net n ouer van weet.

Gesiggie ·

Ek sit hier en lees die berig… net netnou nog het ek op iets ge comment- dat kinders so n baie spesiale plekkie in my hart het… en nou lees ek van die Unieke en pragtigge seun, wat sterf… ek kan die trane nie keer…dit is so hartseer…ek wil nou nie oordeel, maar partykeer wonder die Doktors te veel”’ dit kan meskien dit wees? of dat wees… intussen is n kind se lewe daarmee heen.. hierdie seun het soveel talente gehad, hy het soveel mense se harte verbly” hy was gelief onder almal… hoekom moes so iets met hom gebeur? Hoekom vra ek vra… ? want ek verstaan nie ? en ek Glo die ouers voel dieselfde… maar sal ons ooit die weg van die lewe verstaan? NEE….. Aan hierdie ouers, aan elke maat, aan elke een wat deel was van sy lewe… ONTHOU : Al is hy nie meer hier by jul… sal daar altyd n deel Roelf in jul harte bly… STERKTE DINK AAN JUL…

Kiewiet ·

Gesiggie…..ja dis maklik om dit terug te gooi na dokters toe nê….onthou tog asb…hulle is en bly net mense. Hierdie seun se dood is ongelooflik hartseer, moenie iets sê wat jou kan inhaal nie.

t ·

Die Here het nog een van sy pêrels vir sy kroon kom haal.
Sterkte aan die familie.

Bosveld g ·

Jammer om te hoor ou Briers, sterkte vir julle – wat n tragedie, ek het op 11 ook die ding gehad en net net oorleef …. My gedagtes is baie dae geneig om te dink ek toe ook kon sterf, ander outjie het. Ons moet maar berus ou maat ek’s jammer vir die verlies !

Traan traan traan ·

Sjoe mens voel net traan na traan rol, baie sterkte vir hierdie ouers en as jy die berig so lees, dan sien jy hierdie jong seun was ‘n voorreg, hy het in sy 11 jaar meer gedoen en geleef as meeste van ons groot mense en kinders! Rus in vrede seun.

Monique ·

Indien die ouers die in-enting skedule gevolg het behoor hulle wel die breinvliesonsteking inenting gekry get. Dit gebeur op 6 en weereens op 14 weke. Ongelukkig het hierdie in-entings geen waarborg nie.

Karma ·

@Monique – as ek reg verstaan is die Menactra inenting nie deel van die normale baba/jong kind inentingsprogram nie en ja, inenting gee nie 100% beskerming nie. Simptome en behandeling hang ook af van watter tipe meningitis dit is (viraal of bakterieël), Meningitis is jaarliks vir baie sterftes onder kinders verantwoordelik, juis omdat die simptome baie gelykstaande is aan dié van griep: hoofpyn, nek-pyn of styfheid van die nek, lig-sensitiwiteit, spierpyne ens. Maar dit is werklik hartseer dat so ‘n pragtige, jong seun so vinnig en onverwags gesterf het. Innige meegevoel aan die gesin, familie en vriende.

feite ·

Dit is nie deel van die skedule nie en baie mense weet nie eers daars n ent nie!

Lizette ·

Ek voel regtig jammer vir die ouers, omdat ek self ‘n seun het wat ‘n paar jaar gelede breinvliesontsteking gehad het weet ek dat ek so byna, byna my seun ook kon verloor het. Dit is een verskriklike siekte. Ek kan net die Here prys daarvoor dat hy lewe. Die nagevolge van breinvliesontsteking is net so erg. Daar is dele van sy lewe wat hy dood eenvoudig net nie kan onthou nie. Hy lei nou aan depressie , alles as gevolg van breinvliesontsteking. Hy kon daardie jaar nie matriek geskryf het nie, moes dit eers die volgend jaar gedoen het. As ek maar geweet het van die in-entings sou ek dit beslis gedoen het. Ook in my geval is dit ook nie dadelik gediagnoseer nie. Dit was eers brongitus gewees en na die lumbale punksie ‘n week later het hulle vasgestel dat hy breinvliesontsteking het. Alle sterkte aan die ouers.

Charles ·

Dis baie tragies as ouers hulle kinders so aan die dood afstaan.
Maar my vraag is: Is dokters nie deesdae te vinnig om te diagnoseer nie, en in baie gevalle, verkeerdelike diagnose. Dis asof hulle nie meer behoorlik ondersoek nie. Hulle wil net die pasiënte weg kry om meer pasiënte te sien. Meer oor kwantiteit as kwaliteit ondersoeke. En dan as mens terug gaan vir dieselfde simptome, dan moet die mense maar weer finaniseël hoes vir die afspraak, om nou weer met iets anders gediagnoseer te word, en hoop dat die oorsaak uiteindelik gekry word, om nie eens te praat van die medikasie wat voorgeskryf word nie.

Liza ·

So waar Charles, jaag deur een patient na die volgende, geld geld geld….

vermeende ·

Ek soek nie n Dokter se werk nie, ek glo sulke gevale bestaan maar ek glo ons moet eers na onsself kyk. Daar is so baie mense wat die spreukkamers vol sit wat regtig nie siek is nie. Ons mense is mos lief om self diagnose te doen, lees op die net van n vreeslike siekte dan erken ons mos die simptome en 8uur sit ons in die spreukkamer reg om die dokter se tyd te mors. As ons maar net weet hoeveel verskillende siektes het die selfde simptome.
Dit werk ongelukkig so, as breinvliesontsteking net n week terug in die dorp positief gediagnoseer was dan was die kind moontlik gered vandag maar ongelukkig was jy die eerste geval in die dorp en so hartseer soos sy afsterwe is gaan sy dood ander kinders red.
Baie, baie sterkte aan al sy geliefdes.

Marinda ·

Ag ek is so jammer oor hierdie pragtige kind!K an iemand dalk vir my sê of die 6 jaar inspuitings wat kinders by die staat kry voor skool begin mag word , ook breinvlies-ontstekeing dek? Of moet mens die imunisering daarvoor apart laat doen? Ons kleinkinders het altyd al hulle inspuitings by die kliniek gekry en ons het altyd ekstra betaal vir ekstra imunisering. Op 6 jaar voor skool, is my dogter geskei en moes sy van die gewone kliniek gebruik maak waar dit gratis is. My skoondogter het egter dieselfde tyd baie duur betaal vir die inspuiting vir ons ander kleinkind voor skool by die apteek. Ek is nou baie bekommerd dat die hierdie 2 kinders dalk nie teen breinvlies ontskeking geimuniseer is nie. is daar dalk iemand wat weet?

Met alle respek ·

Marinda kry liewer by jou huis dokter die nodige inligting, die forum is maar net ons almal se persepsie en dit kan ‘n ramp wees as dit verkeerd is. Die masel spuite was duur (by ons). So kontak liewer ‘n pediater, ek dink regtig as jy een se kamers net skakel sal hul die inligting gratis gee en dan kan jy daarna optree oor waar dit bekostigbaar is.

Justa ·

Marinda, die babas word teen twee soorte meningitis geimmuniseer wat deel vorm van die inentings skedule. Met die nuwe vaksiene Menactra (beskikbaar vanaf 2015) wat nie deel vorm van die skedule nie moet jy dit by n reis kliniek laat doen. Dit dek ook ook vier ander soort bateriele meningitis (A,C,Y en W-135). Dit word aanbeveel dat die kinders dit op 11 en 16 jaar kry, of 13 en 15 jaar , of 16 en 18 jaar. Ongelukkig is een inenting nie genoeg nie. As jullle enigsins kan, laat dit doen veral met kinders wat op skool is en in naby kontak met ander kinders is en ook as hulle rugby speel. Ek het dit vir my kind laat kry op ouderdom 12, 15 en 18 jaar. Alhoewel die ouer maak. Dit gee mens net die gemoedsrus want ek was elke keer n wrak as hy siek geword het met koors. Hoop dit help.

Rudolf ·

Ons jammer oor jul onbeskryflike verlies. Baie sterkte en weet Roelf is by sy Vader.

Lynette ·

Dis die seerste seer op aarde. Ons het ook ons seun 21 jaar gelede aan breinvlies ontstekening verloor, hy was aan die begin van sy matriek jaar, 17jaar oud. Die siekte was ook verkeerd gediagnoseer as griep, en is hy binne 4 ure nadat hy hospitaal toe gejaag is, oorlede. Baie sterkte aan Roelf se ouers, ons sal julle dra in gebed!

ekke ·

Hi, dit is n aparte inspuiting spesiaal vir dit. Die inspuitings wat hulle as babas kry is nie sterk genoeg nie.

rachel Vermeulen ·

Baie baie sterkte aan die familie,dis so hartverskeurend my gebede is met julle.Niemand in die lewe moet n kind afstaan nie ek het en dis die seerste seer.Hys my kleinkind( Leonard Bridges} se beste mq gewees,my kleinkind wil nie eers skooltoe gaan nie want hy mis Roelf so onsettend baie.Baie sterkte aan almal wat so bitter seer het.Ons God sal mooi na hom kyk.

Johann Marx ·

Innige simpatie aan hierdie ouers. Dit kan nie ‘n maklike pad wees om te stap nie. Soos ek dit verstaan kry mens ‘n virale en bakteriële meningitis? In 1983 in 5SAI in Ladysmith het ek diensplig gedoen as Mediese Ordonans. Ek het dit ook opgedoen, en danksy die vinnige optrede van Dr Louis Minders, kan ek vandag hier sit en skryf. Mens kan nie die verligting beskryf as daardie lumbaal punksie die rugmurg vloeistof laat uitloop en die drukking op jou brein verminder nie….Ek was van die siekeboeg oorgeplaas Ladysmith Provinsiaal toe, en van daar na 1 Militêre Hospitaal Voortrekkerhoogte. Daar is dele in SA waar hierdie siekte meer gereeld voorkom as in ander dele. Ek het twee studente op die PUK….albei hierdie jaar WEER inge-ent.

Leeukop ·

Die puk is teelaarde vir die siekte. Inenting is belangrik.

Susan ·

Dis heeltemal reg! Daar is n virale en bakteriële vorm v meningitis. Ek’s nie op hoogte v die inentings nie, maar teen virale infeksie is daar nie veel te doen nie. Die bakteriële een is die dodelike een. Hoogs aansteeklik. Ek’s n bietjie uit sirkulasie, maar ek weet ons moes teenmiddels kry as ons pasiënte vervoer het met die bakteriële een. (Nooddienste) Maar dit is ook so dat die simptome soos ander siektes kan voorkom. Enigste werklike verskil, is die stywe nek, en almal kla nie daaroor nie. Daar’s we’ll n manier om dit te “toets”. Dan word die diagnose per lumbale punksie gedoen. Maar dit bly moeilik.

Jaco ·

Hulle noem nie of dit ‘n swam, virale of bakteriële breinvliesontsteking is nie. Indien wel bakteriëel beskerm die inenting nie teen alle “strains” nie.

Corlaine ·

My hart is flenters en ek kan net as n ouer myself indink hoe verskriklik seer julle as Roelfie se ouers moet voel. My trane hou nie op nie en kom vanself. Mag God julle baie styf vashou teen SY borskas en julle nooit ooit los nie.

Hannelie ·

So bitter jammer vir jul verlies, Roelf gaan vreeslik gemis word by Laerskool Bosveld al sy maats se harte is bitter seer. Here vertroos sy Ouers en gee hul krag soos net U kan. Baie liefde Hannelie, Jenny, Andrea en JC

Takkie Takuuza ·

Briers was saam met my op skool. Innige meegevoel aan hulle hele familie. Terwyl ek hier skryf kom die tyding van my niggie se kleinkind wat so pas oorlede is, ook breinvlies onsteking. Ai, die trane loop.

Alida vd Westhuizen ·

Daar is verskillende tipes breinvliesontsteking. Die simptome is nie altyd presies dieselfde nie. My vriendin se dogtertjie van 18 maande het verlede jaar breinvliesontsteking gekry en dit ‘n week na sy die inenting gekry het. Sy was ongelooflik siek met allerhande simptome maar slegs ‘n lumbale punksie kon bewys sy het dit. Sterkte aan die familie en rus in vrede Seun

Marinda Visser ·

Baie jammer oor julle verlies het ook n seun verloor 6 maande terug maar GOD het hom aan ons geleen vir 43 jaar baie JESUS liefde vir julle en ook n drukkie on bid vir julle

Gerd Lourens ·

My innige meegevoel aan die ouers en familie. So ‘n pragtige seun!

Ek sit met ‘n groot knop in my keel.

Madie ·

Ag hoe tragies.. my hart gaan uit na julle. Het ook seun verloor aan breinvlies ontsteking. Bid vir julle. X

Gesiggie ·

Takkie…. simpatie aan jou niggie… dit is so hartseer… ai n mens se hart wil skeur”’

Treurgrond ·

Uit die diepte van my hart uit. Baie sterkte aan die famile. God is met julle. Dit gaan so so swaar wees want julle kind gaan elke dag in julle gedagtes wees. Roelf sal saam met julle ook wees. My dedda is al 11 jaar gelede dood en as ek baie hartseer raak praat ek met hom en dan “ruik” ek sy naskeermiddel en weet hy is daar. Roelf sal julle ook herinner dat hy daar is vir julle. Hy het vir sy dedda baie dankie gese – dit laat my al klaar huil. Hy is ‘n pragtige kind pragitg. Onthou altyd net die goeie dinge wat hy in sy lewe gedoen het onthou dit en lag saam met Roelf. God seen julle.

Mel ·

My innige simpatie aan sy familie, so Pragtige kind, Rus in vrede Roelf

Ria de beer ·

4 jaar terug het ons ook amper ons kind verloor met breinvliesontsteking gelukkig het die dokter hom dadelik getoets en hom behadel het ook vir ons gese as ons hom 2 ure later daar aangebring het sou hy ook dood gewees het moet tog nie die dokters afbreek nie alvorens hulle nie getoets het vir dit nie sal jy nie weet of hy of sy breinvliesontsteking het nie.Jy kry ook hoofpyn kan jou bloedruk wees of babbelaas of begin van griep daar is baie simtome wat gepaard gaan met hoofpyn .Ons het die oggend voor skool vir hom middesyne gegee vir sy hoofpyn die middag naskool nog gekla van hoofpyn maar weer middesyne gegee hy het gaan slaap en 8uur die aand wakker geword en gese as ons hom nie nou hospitaal saal toe vat nie gaan hy doodgaan .Dankie aan die personeel wat ons dadelik bygestaan het.Sterkte vir julle en ons innegemee gevoel.

mariaan ·

So bitter tragies….my seuntjie ook nou so oud…my hart skeur stukkend vir hierdie ouers.. gaan beslis my huis dr. kontak oor die inenting….sjoe nee..die lewe is darem wraggies nie n maklike pad nie…baie sterkte aan hierdie ouers

Andries Jordaan ·

my innige meegevoel so pragtige mens van binne en van buite

Edith-Ann ·

My innige meegevoel aan die familie . Dit is soo tragies. Mag die Here julle dra deur hierdie moeilike tyd.

manie ·

Die Dr’s van vandag is nie meer die van die ou dae nie. My broer se pragtige dogtertjie is ook oorlede aan breinvliesontsteking en dit ook oor n dokter maar net se ag dis net n verkouetjie. Dit sal gou oorwaai. Ja 6 maande in n koma later is sy baie hartseer oorlede. Baie sterkte aan die familie.

GH ·

En die dokters het dit gedink en dat gedink en nie toetse gedoen nie ? Pateties!!!!!

Kiewiet ·

GH…..kan ek jou gou vertel…die dokter wat hierdie kind die nag hanteer het het hom onmiddelik oorgeplaas. Sy het saam met hom in die ambulans geklim en gery……hoekom sê ek weer word die arme dokters nou aangeval…..dink tog asseblief voor julle net oordeel….wie sê vir jou daar is nie toetse gedoen nie….was jy daar……maak eers bietjie seker van julle feite voor julle met bakstene gooi….liewe hemel…..dis wat ek pateties noem!!!!

isabel ·

my hart is in stukke vir die ouers ek myself was in trane toe ons die nuus kry by my seun wessel wat saam hom rugby gespeel het vir die eerste span my hart gaan uit na julle toe my seun het op facebook gesit hulle speel vandag die game vir roelfie en gaan hom vir roelfie wen

Anna olivier ·

Ek sou graag hierdie artikel op my Facebook bad sit. Kan iemand vir my sè hoe ek dit kan doen. Sterkte ook aan die ouers

Ann ·

Heel bo regs bokant die berig is ñ Fb knoppie wat jy kan druk/kliek dan deel jy dit so.
Ai, dis so hartseer!! Ek is juis nou by ñ dokter, gaan hom beslis vra van die inenting. Sterkte julle xxx

Jan maak n plan ·

Baie sterkte aan die familie en geliefdes. Die Liewe Vader sal julle in al sy Liefde hierdeur dra.

Annemarie Smith ·

Dit is ‘n reuse tragedie en baie hartseer! Ek kan net vir sy ouers, famielie en maatjies alle sterkte toewens. Ek het nie woorde nie, maar weet net dat my hart na julle toe uitgaan.

marianne ·

In 1988 is my skoolmaat en buddy in matriek aan breinvliesontsteking oorlede! Sy piers hey gese by het van pyn geskree en het ‘n verskriklike koors gehad.
My Hart ruk oop vir Roelof se piers, sy familie en maatjies. – ons berus dat by by Jesus se voete sit en sal altyd ‘n massiewe leempte he.
Grenade onbeskryflik Groot asseblief Here you U hand oor die wat agter bly.

MJL ·

Dit is tog so jammer dat hier van die kommentators is wat die dokters so afkraak. Betuig eerder simpatie met die kind se ouers, familie en vriende.

Nikita Wilson #Qphoto ·

My innige meegevoel aan die familie. Ek het vandag vir Sonja gehelp by die Maatskappy waar ek werk. Haar bitter jammer gekry het Canvas vir die seun se begrafnis gemaak. Al wat ek kan se is sterkte aan die gesin.

Gerda Bester ·

Ons is deur dieselfde my seuntjie was 2 en n half binne 12 ure as die dokters die simptome vroegtydig gediagnoseer het sou hy vandag nog geleef het.. hy het ook min simtome gehad sensitiewe oe en sy voetjies was yskoud.. die bietjie wat hy kon praat het hy maar net gese: “seer” as ons vrae wat is seer sw hy net seer. Dit is hartseer wat so skielik kom en geen mens sal dit ooit verstaan nie.. sterkte vir julle mag julle krag van bo kry.

Anna Bremer ·

Gaan kyk maar op die publieke inentingswebblaaie. Baie kinders het breinvliesontsteking gekry a.g.v. die entstof. Inenting is nie immunisering nie. Mens is ver van immuun af na n inenting. Die gebeure is tragies en mens probeer als om verdere tragedies te voorkom. Maar daar is baie dinge rondom inentings wat nie op die bree media gese word nie. hierdie minectra entstof gee in elk geval minder as 50% sukses. Daar is baie meer kontroversie rondom inentings as wat dokters mens vertel. Als hang nie van ‘n inenting af nie. Wat was die omstandighede van die tragiese gebeure? Was sy immuniteit onder druk? Het hy ‘n gesonde dieet gehad? Het hy ander medikasie ondergaan wat sy immuunstelsel ondermyn? Kan kinders nog entstowwe hanteer? Hoe reageer entstowwe met mekaar? Daar is geen navorsing rondom daardie vrae nie. Ekself weier om my kinders of my diere in te ent en nie my kinders of my troeteldiere word ooit siek nie. Ek praat van nooit ooit siek nie, behalwe sommige kindersiektes wat hul met geen probleme deur gewerk het nie. Vir my lyk dit og Maroela media n tragiese verhaal gebruik om mense emosioneel op te sweep om tou te staan vir ‘n duur entstof, wat slegs gedeeltelik sukses belowe. Ek dink dit is joernalistiek wat erg eensydig is, op die beste, of vir kommersiele gewin op die ergste.

tipies ·

Maroela Media het niks van die aard gedoen nie! Dis die ouer wat genoem het van die inenting en dat hy nie eers geweet het dit bestaan nie. Gaan smeer jou anti vax gemors aan ander mense af want dis duidelik dat jy geen simpatie met die ouers se verlies het nie en veel eerder belangstel in stories wat nie bewys is nie en versprei word deur mense wat geen mediese kennis het nie.

Vir Altyd Siek ·

Immunisasies is werklik nie so wonderlik soos voorgestel word deur die wereld.Dit maak baie groter skade aan die liggaam en immuun stelsel as wat mense besef!
Ek sit vir die res van my lewe met ‘n auto-immune siekte te danke aan al die inspuitings wat hul so graag uitdeel. Nou kan ek nie eers die griep inspuiting kry, anders val my lyf homself aan en maak my dood binne weke.. Mense moet ophou als glo wat die groter media vir hul voer, veral as dit by die mediese maatskappy kom.
So dis gin ge”anti-vax gemors” , dis ook jou en jou kinders se lewe waarmee JY speel!

Liza de Beer ·

Om nie te immuniseer nie is net aanvaarbaar indien jy dan aanvaar dat die res van die mensdom ook nie gaan immuniseer nie. Wil ons werklik in n wêreld woon waar Polio, Pokke, Tetanus, Witseerkeel en Kinkhoes ons kinders, vriende en familie se dood beteken? Die sogenaamde bewyse teen immunisering is om die minste te sê op geen gestaafde bevindings gegrond nie. Dit verbaas my dat mense eerder onwetenskaplike opinies en teorië sal glo, want dit is wat hulle wil doen. Al die vaksinerings is deeglik nagevors en die voordeel daarvoor is beslis baie groter as die risiko wat dit mag inhou.

Antoinette ·

Ek is baie jammer vir julle verlies ek het dadelik na ek die berig gelees het vir my kinders bestel

Rina ·

Ons het in die PICU al kinders verloor aan Meningokokkale meningitis binne ure nadat hulle eerste simptome begin wys het. Dis verskriklik hartseer.

carin ·

Kiewiet….weet jy ek gaan nou vir jou sê n dokter vandag is meestal lui. Want die mensdom met algemene kwale irriteer hulle seker. Dis nie net menslik om n fout te maak as jy n dokter is nie. Dan moet mense wie plek maak vir foute in n mediese feld liefs nie dokters word nie. Jy begin nie n praktyk of gaan werk by n hospitaal omdat jy hoop jy maak nie foute nie. Die kind het nognie eens kans gehad om sy drome te realiseer en n verskil te maak in die wêreld nie. Al het die sogenaamde dokter in die ambulans saamgery – dit maak geen verskil aan die seun se lewe nie doen dit? Om n dokter te wees en een genoem te wil word verg baie groot verantwoordelikheid teenoor die mensdom. Want mense vertrou jou genoeg om hulle lewe op die spel te sit.

tipies ·

Sjoe maar jy is seker so perfek dat jy nog nooit n fout gemaak het nie.

Laat ek jou bietjie vertel van die dokter wat jy so beledig. My seuntjie was by verskeie dokters met n probleem wat ons ondervind het en na die eerste afspraak by haar het sy onmiddelik die regte diagnose gemaak en behandeling mee begin. As dit nie vir haar was nie sou my kind nogsteeds permanent pyn en ongemak gehad het.

So, moenie oordeel as jy niks weet nie. Die dokter weet wat sy doen en ek vertrou my kind se gesondheid met haar.

carin ·

Net sodat jy weet ook die mense se nie dit is die spesifieke dokter se skuld nie – hulle veralgemeen – met reg ook want lees asseblief hoeveel mense se kinders en famielie lede is oorlede van die wrede siekte? maar almal se komentaar bewys net weereens hoe swak ons mediese toestande tans is en hoe meer dit vererger? want niemand wil meer regtig werk nie dit is mos te makli om net voor te skryf wat gereeld in hulle kantoor in kom? ek is tans brusend die laaste week vir n dr by medicross want ek en my jongste kind sit met waterpokkies en soos almal weet is waterpokkies gevaarlik vir volwassenes- nie net hoes ek nogsteeds nie maar moes ek daai dag oor n R1000 betaal – om te hoor wat ek klaar weet “ja,mevrou jy het waterpokkies” na hy eers my uitgetrap het dat ek myself diagnoseer en net n dr dit kan uitwys???? en na hy my ondersoek het bevestig het ja dit is waterpokkies? en hoe meer ek probeer verduidelik deur my huigende asempie dat ek daar is omdat ek steekpyne op my longe kry hoe meer stry hy met my dat long ontsteking nie gepaard gaan met waterpokkies nie? “waterpokkies is n vel uitslag”en n infeksie van die uitwendige vel en het niks met (naalde) in mens se longe tedoen nie”

carin ·

by dit – ek het terwyl ek hyg na asem gese dat as ek in asem en uit asem voel dit of daar naalde in my longe steek- “nonsens se die dokter- jys laf se die dokter – en skud n laggie in sy mou ….naalde…..} skryf n briefie uit en se ek skryf vir jou pyn medikasie voor en n salfie vir die juk. ek vra hoekom pyn medikasie? oh se hy – vir die “pyn en leiding ha…ha…. ” net so. nou persoonlik het ek beter verwag van medicross – want ek was daar omdat ek seer op my longe het hoes en nie genoegsame suurstof inkry nie. dan word daar deur hom gese mens kan nie longontsteking en waterpokkies op een slag kry nie en wiet gese jyt waterpokkies ? kom sit op die bedjie dat ek jou ondersoek ek sien jy het n uitslag oor jou gesig maar jy is inelkgeval te oud om waterpokkies te moet he, en jy kan nie jouself diagnoseer tensy jy self n dokter is nie. kom kom ..kom sit vir my hier laat ek kyk en n diagnose maak. nou enige dokter wat sy sout werd is weet dat pneumonia ernstig is en as jy dit eers eenkeer gehad het kry jy dit maklik weer? nou ek het terwyl ek swanger was met my jongste kind pneumonia opgetel na n vreemde “duitserse suidafrikaner in my gesig gehoes het by n winkel”

carin ·

nou daar gelaat dokter se dat ek aansit omdat ek nie asem haal nie!! n week later se hoes proes,sukkel asem.oppgooi&koors – jaag my man my staat hospitaal toe ek is so siek ek kan nie staan nie ,daar word ook gese daars niks fout ek moet huistoe – n nigeriese dokter sien my raak na hy van skof afgaan en se nee dievrou is swanger neem n ekstraal dringend!hul sien ekt net 5%long kapasiteit oor in elke long-soos vog en bloed opstoot in my longe ek en my kind het oorleef met Jesus genade. (maar as ek nou aanhou “aangesit” het?het ek gevrek by die huis?) sommige Dokters is lui – en is te geneig om “foutjies” te maak want hulle gee nie om oor die mede mense nie-doen dit net vir die maklike geld want daar sal altyd siek mense wees ander doen dit net vir die status- “respek want dit is n dokter” jammer maar in my lewe is almal een en die selfde geen graad werk of geld maak jou beter as die mense onder jou nie.as hulle hul werk reg doen sal daar minder sterftes wees. my innige simpatie met die gesin ek self het al n kind verloor en dit is die wreedste seer wat enige ouer kan tref. geen woorde bring ooit verstroosting nie. maar laat klein roelfie voortleef in goeie herhinnerings. Sterkte

carina ·

Baie sterkte vir die ouers, familie em vriende in die moeilike tyd

Wicus ·

Asb mense die skole lieg vir die media….. My meisiekind is ook n leerder van die skool en n klas maat wat lansan die seun gesit het. Hul het net vir die kinders elk n halwe pilletjie gegee omdat daar nie genoeg was vir elke kind n heel een nie. Da was geen inenting nie. Ek het my kind self dok toe gevat en inge ent. Asb as jou kind in aanraking was vat jou kind dok toe en moenie skole glo nie want daar word noe die regte medikasie gegee nie

Potties ·

Wicus!Asb sit dit of fb sodat almal weet.Jy kan nie stil bly nie,hulle speel met kinders se lewens!Ek sien julle skool se dat die kinderrs wat nou in dje hospitaal is dit nie het nie wonder of dit ook leuens is??!!

cobusp ·

Innige simpatie aan die familie……….nog n groot euwel in sa is malaria……..seker 90 persent van mense wat sterf aan malaria in sa is mis gediagnoseer deur die dokters omdat hulle nie vertroud is met simtome en weier om bloed toetse te doen. In enige Ander afrika land kan hulle binne 15 minute jou bloed toes vir malaria ………hier in sa vat die uitslag n paar dae dan is die pasient al klaar 6 voet onder die kluite………om nie te praat van subtropiese virusse nie……..

Lindi ·

My seuntjie het 3 jaar gelede (toe was hy 3,5) bakteriële meningitis gekry. Hy het wel al sy inentings gehad, maar daar is 99 verkillende soorte, waarvan die inentings nie almal kan dek nie. Ongelukkig het hy een gekry waarteen hy nie beskerm was nie. Hy het wonderbaarlik oorleef met baie gebede saam, maar het met baie probleme oorgebly. Hy moet weer alles leer doen, met baie terapie saam. Mense moet verseker hul kinders inent, want as jy dit kan verhoed, hoekom nie. Ongelukkig is daar geen waarborg nie.

Kobus ·

My inige simpatie ek is vreeslik jammer om te hoor van julle seun . Ek wens dit wat julle nou deur maak vir geen ouer toe nie. Ek het my dogtertjie op 2amper verloor agv swembad sy het oorleef die tyd perk toe ons nie geweet het of sy gaan nie was absoluut hel. Ek vra die HERE om julle by te staan.

Jvonne ·

My innige meegevoel met die mamma en pappa, mag die Here hulle dra deur die moeilike tyd.
Behalwe die twee spuite wat babas kry. Hoe oud moet hulle wees vir die ander wat nie op die voorgekrewe lys is nie? Hoe sou mens byvoorbeeld op n baba van 9 maande optel dat daar so iets aan die broei is?

HvdW ·

Dis verskriklik om ‘n kind te verloor! My innigste meegevoel.

annao ·

My simpatie aan die ouers ons het ook vanmiddag ons 6 jarige kleindogter aan die dood afgegee met dieselfde al van sondag opgeneem in icu tot vanmiddag

Louise ·

My hart is seer saam met julle. Innige simpatie aan die ouers, familie en vriende!
Die Here is by julle. Hy hou julle styf vas. Hy se dat ons Sy waardevolste besitting is. Roelf is ook Sy waardevolle kind. God het groter dinge vir ons in gedagte as wat ons ooit sal verstaan. Sy liefde is oneindig.

Thinus ·

Ek het self `n 11 jarge seun, en ek kan myself nie indink as dit met ons moet gebeur nie!!! Baie, baie sterkte aan die familie, ek bid vir julle!!!

JA ·

Ai, so ‘n pragtige seun. Sterkte aan die ouers. Seer bly lank maar genees uiteindelik, ek was ook daar.

Tertia ·

God pluk Sy mooiste blomme. So baie jammer vir julle lost.

Lulu ·

Tertia, ek hoor wat jy se oor die mooiste blomme. Maar beteken dit nou dat ek nie ‘n mooi genoeg blom is nie? Die 1000de ander kinders wat lewe is NIE mooi blomme nie? Dink asb voor jy sulke dinge se. MY GOD “pluk” nie blomme nie! HY verwelkom elkeen wat sterwe by HOM in die hemel. HY het ‘n mooi genoeg tuin om NIE “blomme” te kom pluk op aarde nie.

Bekom Jammer ·

Ouers mens moet nie internet dr speel nie maar vergewis jouself van die feite van sekere siektes. Onthou baie aansteeklike siektes word oorgedra deur druppel besmetting, hoes nuus soen. Jou kinders moet eerder hande droogwaai na was as vuil handdoeke bgebruik, en as jy vermoedens het dat iets fout is gaan sommer reguit hospitaal ongevalle toe en in kinders 12 en onder kontak jou pediater. Met die nek styfheid is dit oa moeilik of onmoontlik om om die ken tot op die bors te druk, een v baie simptome. Viraal is daar nie baie meds maar word simptomaties behandel en die liggaam word aangehelp en skoongevee deur drup. Met bakterieële een is behandeling meer breedvoerig, maar al 2 gevaarlik. Sterkte aan almal.

Chrissie ·

Sterkte aan ouers familie en vriende.
Pilatus het aan Jesus gevra”hoekom verdedig jy nie jouself, weet U nie dat ek die “mag” het.. ? Maar Jesus het hom geantwoord” jy het net die mag wat My Vader aan jou gee”.
Dis bitter seer vir ons as ouers om nou te verwerk.
Maar wat as ons eendag sien en besef waarvan Vader hom in die toekoms gespaar het? Daarvoor sal ons dankbaar wees.
Berus en weet: Hy is veilig in Vader se arms en jul sal weer ontmoet.

madelein ·

My innige simpatie vir julle. Ekt verlede jaar Oktober lank in die Hospitaal dae en nagte omgesit met my seun. Op daardie stadium ook Graad 6. Hy is een van die gelukkiges wat herstel het. Ek kan net dankie sê dat ons dokter veilig gespeel het en hom dadelik laat toets het. Mag God julle elke dag in Sy hande vou en julle verlies meer draaglik maak.

Kat ·

Hoe se used wrak it ek nou stress help my kind is 8 sy het hoof pyn Dr se is ligte lugweginfeksie hoe weet ek way doen ek stress stressssss

Briers ·

Ek is Roelf se pa wat oorlede is. Ek wil net baie dankie se aan almal vir die mooi woorde. Ons harte is stukkend en net die Here kan dit beter maak. Ek wil net a paar mense reghelp asb. My Seun het die menococus bakteria opgetel in sy sinusse. Die Bakteria gaan gewoonlik reguit brein toe maar in Roeld se geval het die bakteria in sy bloedstroom ingegaan en septesemie (bloedvergifteging) veroorsaak agv erg sinusitus wat hy gehad het. Hy het nie breinvliesontsteking gehad nie en geen tekens van dit gehad nie. Geen dokter sou dit opgetel het nie. Hulle moes ‘n “lumberpunch” doen om die bakteria raak te sien. Daar is ‘n inenting vir die menococus bakteria beskikbaar. Julle moet asb almal die inspuiting gaan kry
Dankie

Anna ·

Roelf, baie dankie vir jou moedige skrywe. Dit moes baie van jou gevat het.
Mag jy en jou familie saam met die Here jul verlies op jul tyd verwerk.
Ek wil net asb. aan alle ouers noem dat verskeie lande die inenting nie op hul skedules plaas nie aangesien dit nie n noemenswaardige verandering in die voorkoms van die siekte teweegbring nie. Inentings gaan met n prys gepaard. ‘n Verswakte virus of baterie wat op diereweefsel en soms geaborteerde fetale weefsel gekweek word, word dan in formalien, allimunium, kwik, polisorbate 80 en nog baie ander soorte preserveermiddels bewaar voordat dit in die diep spiere van die liggaam ingespuit word. Baie mense is geweldig allergies hiervoor en die skok wat dit op die sisteem veroorsaak, kan weer auto-immuunsiektes, epilepsie en neurologiese siektes veroorsaak. Vreemde DNA in die spiere kan ook na breinvliesontsteking oorswaai. U dokter kan nie die dinge vir jou vertel nie, want die pharmaseutiese maatskappye wat die opleiding doen, vertel slegs die verkoopskant daarvan aan die reps. Dokters het nie die tyd om die ekstra navorsing te doen nie. Daarom is dit U as ouer se plig om doodseker te maak wat op die entstowwe se pakketinligtings staan ( nie die pasiente voubiljet nie, dit is afgewater) al die inligting wat ek hierbo gee, staan op swart en wit op die pakket voubiljet. Net n sterk immuunstelsel, gesteun deur ‘n goeie dieet, volop vars groente, vrugte) kan jou teen siektes beskerm. Gesondheid hang nie van n spuitnaald af nie.

Chantel Nel ·

My dogter het ook 3 jaar gelede breinvliesontsteking gehad en was 3 weke in isolasie gehospitaliseer. Wat my die meeste bekommer is dat die normale simptome soos nekstyfheid en ander tekens waarvoor dokters eerste kyk, glad nie teenwoordig was nie en ons huisdokter het my 3 verseker dit is nie breinvliesontsteking nie, hy het ons so amper laat huistoe gaan net voor hy ons laat loop het het hy die lig afgeskakel en met lig in haar oe gekyk en hy was bleek toe hy omdraai en het ons dadelik hospitaal toe verwys, binne ure was dit bevestig. Die internis het ons as baie gelukkige ouers begroet en gese hy het mense met minder simptome behandel wat binne ure dood is. So wees asseblief gewaarsku ek glo die ou simptome van breinvliesontsteking is nie altyd van toepassing nie want my dogter het verskriklik gekla van n enkel wat seer was en haar gelaatskleur was gryserig. Ouers wees bedag dat hoofpyn, naarheid en koors nie altyd n goeie teken is nie.

marieta ·

ek het as jong kind meningitis gehad……ek onthou ek was siek en labiel maar niemand het iets geweet tot ek gekla het ek kan nie opstaan en loop nie,,,dr het bloedgetrek en die uitslag en die ambulans het saamgekom…..ek was opgeneem in Brewelskloof by Worscester…… by die hospitaal het ek al by tye my bewussyn verlaat,,,, omdat almal aanvaar ek hoor niks het ek gehoor hoe die dr vir my ma se,,,, die feit dat sy nog lewe is al wat goed is….. ek was maande verlam ens … maar eers as grootmens besef hoekom die drs gese het dis ‘n wonderwerk dat ek oorleef het….. ek wonder vandag nog of dit ‘n oorsaak is dat ek ‘fibromialigie ‘ het….. ek onthou die erge pyn baie goed…. ek was so 9jr+-

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.