Die departement van onderwys in Gauteng het sy medelye betoon met die afsterwe van ʼn graad 5-leerder.
“ʼn Graad 5-leerling van Leratong Primary School is Woensdagoggend oorlede terwyl sy op pad was skool toe,” het Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, gesê. “Die voorval het omstreeks 07:30 plaasgevind toe ʼn vragbestuurder beheer verloor het oor sy voertuig en haar getref het.”
Leratong Primary School is in Orlando
-Oos gebaseer, oorkant Orlando High School.
Bodibe het gesê die departement betoon sy medelye met die gesin, onderwysers en ander leerders. Die departement sal die nodige ondersteuning en berading aanbied.
“Die bestuurder van die vragmotor het sy samewerking gegee en het nie van die toneel gevlug nie,” het hy bygevoeg. “Ons werk saam met die departement van gemeenskapsveiligheid om die saak verder te ondersoek.”
Hoe verskriklik moet dit nie wees nie. Rus in vrede klein prinses en dans saam met die Here se engele. Mag die Here haar familie vertroos. Weet waardeur haar ouers gaan.