11-jarige van vermeende ontvoerder gered

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 11-jarige is Saterdag met sy ma herenig nadat hy glo op 22 April deur ʼn man ontvoer is.

“Die seun was omstreeks 20:30 die aand saam met sy tannie by haar huis in Ngwelezane in KwaZulu-Natal toe die verdagte opgedaag het en geëis het om sy meisie te sien,” het maj. Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die eksmeisie was nie in daardie stadium tuis nie, en die man het ʼn kannetjie petrol by hom gehad en gedreig om die huis af te brand.”

Hy het uiteindelik saam met die 11-jarige in sy Volkswagen Golf weggejaag. “ʼn Saak van ontvoering is by die Empangeni-polisiestasie aangemeld,” het Magudulela bygevoeg.

Die ondersoekbeamptes het onverpoosd na die kind bly soek en uiteindelik inligting ontvang dat die man in Umlazi is. Ná ʼn operasie deur die Durbanse gyselaaronderhandelaars, provinsiale taakspan, spesiale taakspan en Empangeni-speurders, is die 39-jarige verdagte uiteindelik in Umlazi in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering. “Die kind was ongedeerd en is met sy ma herenig.”

Die man sal na verwagting op 3 Mei in die Empangeni-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.