11-jarige vas oor onwettige vuurwapen

(Foto verskaf/ANA)

ʼn 11-jarige seun is Dinsdagmiddag langs ʼn skool in Cravenby Estate in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid, het gesê beamptes het deur Cravenby Estate gery toe ʼn lid van die publiek hulle aandag getrek het. “Hulle het die gebied deursoek en die seun langs die skool gevind, met ʼn vuurwapen in sy hand. Die besonderhede rondom die voorval word nog ondersoek, maar na bewering is die kind gestuur om ʼn ander kind by die skool aan te val, en hy het in die proses ʼn onderwyser gedreig.”

Smith het gesê dis uiters kommerwekkend. “Ons hoop dat behoorlike maatskaplike ingryping gedoen kan word om dié seun op ʼn ander pad te lei.”

Hy maan die Suid-Afrikaanse Polisiediens om die saak deeglik te ondersoek en te bepaal wie ʼn vuurwapen in die hande van ʼn seun gesit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Poppie ·

Elf jaar oud. Hoe gaan die kind nie wees as hy groot is nie. Ek bly maar glo aan: Buig die boompie terwyl hy jonk is. Hierdie boom is net reg vir die verderf. Of moet ek eerder die regering of die nuwe Suid Afrika die skuld gee. Mind you, hul is mos 1.

Eddy ·

Baie oningeligte ouers koop speelgoed pistole en rewolwers vir hul kinders.Dis baie verkeerd ! Want daai kind kweek nou n liefde vir vuurwapens.Binnekort soek Hy die ware Jakob,Dan gee die dwelmbaas of bendeleier dit vir hom

CN ·

Niks fout met ‘n liefde vir vuurwapens nie. Daar is wel fout wanneer daar nie behoorlike opleiding gegee word van kleins af nie. My 8-jarige seun kan .22 hanteer soos min volwassenes, want hy is mooi geleer. Sy bb gun word hanteer soos ‘n regte vuurwapen, met al die reels wat op ‘n skietbaan geld.

Ronel ·

CN, Ek stem saam met jou. Daar’s ‘n hele lys reëls wat my seuns eers moet noem voor hulle aan enige geweer mag vat. Windbukse ingesluit. My seuns kan beter skiet as baie volwassenes en hanteer enige vuurwapen met respek.

Louis leeu ·

Aard na die ouers ,geen dissipline en wil alles oplos met geweld.Ek hoop hulle word goed gestraf .

Db ·

Ja regering hier het julle dit nou. Kinderregte is so boos want dit gee hulle die reg om enigiets te doen want siestog – ek is ‘n kind en het meer regte as die wet en ouers so los my uit dat ek doen net wat en wanneer ek wil. Hy sal niks oorkom nie want jy mag nie eers meer daardie hand slaan nie wat nog te sê van die gedeelte waarop hy sit! Stuur hom na die parlement dat ons kan sien hoe hulle die situasie gaan hanteer want die polisie is te treurig

Iens ·

En so sê baie mense nog steeds “teaching is a walk in the park”. Onderwysers het dit moeilik. Nou word tot jou lewe bedreig.

Jacky ·

Ek kan met baie van die kommentare nie saam stem nie. Ons lewe in ‘n bose tyd, jy as ouer kan jou kind so goed as kan na jou vermoe opvoed, wat jou kind BESLUIT om aan te vang is die kind se besluit, wanneer baie ouers soos dit vandag is, by die werk is en nie op die bestaande oomblik die toesig wat 50 en 60 jaar terug kan bied nie is die gevare wat vandag blootgestel word. Kinders beweeg sonder die ouers se mede wete in kringe wat die ouers nie noodwendig sal goedkeur nie. En ongelukkig is kinders baie vatbaar vir groep druk, wat ons ook 50 jaar terug nie gehad het nie. Wat ons as ouers kan doen is om elke oggend voor jou kind by die deur uit te gaan seker te maak julle het saam gebid en vir elkeen se veiligheid gebid. Dit leer ander tipe waardes vir vandag se kinders.

lolla ·

ek is nie verbaas nie…dis redelike algemene kennis dat jong kinders misbruik word ….want hulle sal nie kinders toesluit nie….dis n eye-opener om met jong kinders te praat wat in ‘plekke van veiligheid’ bly… [dis eintlik tronke] … want hulle klim in die gangs met sekere aksies…. hulle kry soms wapens as hulle ‘runners’ is… en kry kry baie geld [vir n kind] om sulke dade te doen,… en ons almal weet hulle is nie emosioneel volwasse vir die besluit om te skiet nie en ook nie vaardig nie en dis die rede vir onskuldiges wat raakgeskiet word….. verniet vuurwapens en wetteloosheid maak mense voel hulle is ‘magtig en kan mense beheer’ …. ons land is n tydbom vir oorlog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.