11-jarige verdrink in Klerksdorp

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 11-jarige seun het Woensdagmiddag in Klerksdorp in Noordwes verdrink.

“Die voorval het in ʼn rivier langs die N12 plaasgevind,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die polisie se soek- en reddingspan het paramedici ontbied met berigte oor ʼn verdrinking.”

Die paramedici het by ʼn brug parkeer en moes 2 km ver na die toneel stap waar die kind verdrink het. “Twee seuntjies het glo by die rivier gespeel en hulle het mekaar gejaag toe een op ʼn stomp getrap het en hy sy balans verloor en in die rivier geval het.”

Die polisie het reeds die seun se liggaam uit die water gehaal, maar hy was reeds dood. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.