11 leerders in ongeluk op pad skool toe

‘n Ongeluk op die N2 waartydens 11 leerders beseer is. (Foto: Twitter/ Arrive Alive)

Altesaam 11 leerders is Vrydagoggend op pad skool toe beseer, toe die voertuig waarin hulle gereis het in ʼn ongeluk met twee ander motors was. Vier van die leerders is ernstig beseer en nog een is in ʼn kritieke toestand.

Die ongeluk het op die N2 in Ifafa, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Met paramedici van KwaZulu Private Ambulans Service se aankoms op die toneel, het hulle een leerder in ʼn kritieke toestand en vier ander met ernstige beserings op die toneel aangetref,” berig Arrive Alive. “Nog ses leerders het matige beserings opgedoen.”

Die wit bakkie waarin die leerders vervoer is, het erge skade langs die kant van die voertuig opgedoen. Die leerders is op die toneel behandel en toe per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Dit is nie seker hoe oud die leerders is of hoe die ongeluk plaasgevind het nie.

‘n Ongeluk op die N2 waartydens 11 leerders beseer is. (Foto: Twitter/ Arrive Alive)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

Hoe op dees aarde kan mens so baie kinders in ‘n bakkie vervoer? Party mense wil maar net nie leer nie

Swartskaap ·

Noem hulle sommer skoolkinders, want dit is wat hulle is.

Wielspore ·

Dit is nie veilig om mense agter op ‘n Bakkie te vervoer, dit is ‘n laairuimte vir goedere.

Pampoen ·

Ek het in my jong dae BAIE agterop ‘n bakkie gery. Ek neem aan die mense is nie so ryk dat hulle deur Pappa en Mamma skool toe gery en weer gaan haal word nie. Een bakkie moet maar doen vir die gemeenskap want dis al wat daar is.

Magda ·

11 kinders in daai bakkie, kla di BESTUURDER ook aan vir oorlading en STEL lewens in gevaar met dit, as daar so n klag bestaan, anders word dit more net weer gedoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.