11 metrobeamptes vas vir aanranding

‘n Foto van een van die mans wat glo deur TMPD-beamptes aangerand is.

Elf beamptes van die Tshwane-metropolisie (TMDP) sal Maandag in die hof verskyn op aanklagte van aanranding.

Die 11 beamptes is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ’n voorval vroeër die maand waar drie lede van die publiek glo in die Pretoriase middestad aangerand is.

Die drie individue is glo aangerand toe hulle probeer het om ’n voertuig terug te kry wat op 2 Oktober deur TMPD-beamptes geskut is.

Veiligheidsbeamptes het die mans glo toegang tot die perseel geweier, waarna talle metrobeamptes glo uitgekom en hulle aangerand het. Die mans is glo onder meer met sambokke geslaan. Volgens die TMPD het die mans met geweld die voertuig probeer terugkry.

“Die TMPD het onmiddellik met ’n ondersoek begin toe hy van die voorval in kennis gestel is,” het sr.supt. Isaac Mahamba, TMPD-woordvoerder, gesê.

Die onafhanklike polisie-ondersoekeenheid (Opod) het ook onmiddellik die saak begin ondersoek en dit het tot die inhegtenisneming van die verdagtes gelei. Volgens Grace Langa, woordvoerder van Opod, is twee van die verdagtes vroue.

Mahamba het gesê die TMPD veroordeel enige voorvalle van hierdie aard en dat interne stappe gedoen sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nie Verbaas ·

Laer as skuim!! Hulle dink mos hulle is onaantasbaar want hy kruip mos agter n kenteken weg.

jzjz05 ·

Sal graag die storie altwee kante wil hoor watter verskonings gebruik word.

Boerseun007 ·

begin van die einde!!! ek sê nog steeds Ons wit Suid Afrikaaners moet ons eie thuisland kry, met ons eie polisie waar ons ons eie kultuur kan beoefen soos die Amerikaanse Indiaane. Ons is n plaag vir die ANC en EFF.

Shakespeare ·

Dank hulle af. Stuur hulle tronk toe en maak n voorbeeld van hulle vir die res vd gemors.

KB ·

Word psigometriese toetse op kandidate uitgevoer met keuring vir die aanstelling van Metro beamptes? Of het dit ook by die deur uitgewaai sedert die nuwe skelwoord kadre ontdek is?

Adriaan ·

En dis uit hulle geledere wat die DA n landelike veiligheidseenheid in Tshwane op die been wil bring!

Johnny ·

Sou daai ouens die voertuig geskut het sonder rede? Interessant dat niemand iets sê oor die poging tot gewelddadige ontsetting van die voertuig nie. Dis gewelddadige verset teen die gereg, as ek reg verstaan. En nou is almal skielik aan die drie se kant?

Andre ·

Dit dui vir my meer na onbekwame beamtes wat nie net die drie onder bedwang kon bring en arristeer nie. Hul wou eerder hul mag bewys en hul self straf en martel.

Dries ·

Vorige berig beweer dat die beamptes geld van die drie geeis het, en hulle valslik beskuldig van dronkbestuur. Dit het hande uitgeruk toe hulle weier om enige geld aan die beamptes te betaal.

Perdeby ·

Hierdie 3 moet elke lid ook dagvaar en ‘n siviele eis teen elke een insit. Dit maak nie saak of hulle die voertuig met geweld wou neem nie. Dit was 3 teen 11 lede wat sambokke en vuurwapens gehad het.

lollapot ·

Goed so! Te veel misbruikte mag is die oorsaak…
Hoop hulle verloor hulle werk in die proses.

Blomme ·

En skielik is die drie wat op geweldadige wyse onwettig die gronde wou betree en sonder toestemming die voertuig wat duidelik vir iets onwettigs gebruik was, gaan vat, nou onskuldige slagoffers. Lankal tyd dat geweldadige oortreders sulke lesse geleer word. Dalk sal hulle leer wat respek is. Los die beamptes. Hulle het iets goed gedoen!

Frank John ·

Onder ‘n kriminele reg stelsel het kriminele meer reg as nie-kriminele.

twaalfboor ·

Sambok is seker beter as ñ loodpil. Is die goeie ou dae was dit nodige geweld teen verset van arrestasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.