11 ontsnap uit brandende fabriek

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

Altesaam 11 mense het Donderdagaand uit ʼn brandende fabriek in Eastwood, Pietermaritzburg, in KwaZulu-Natal ontsnap.

Na wat verneem word, is ER24 ontbied na die geboue wat in ligte laaie was. Berigte is ook ontvang van mense wat vasgekeer is.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het die mense uit die gebou ontsnap deur vensters en diefwering te breek. “Een man is in ʼn nabygeleë hospitaal vir brandwonde behandel.”

Bodasing het gesê twee ander mense het ligte beserings opgedoen toe hulle die vensters gebreek het in hulle poging om aan die vlamme te ontsnap.

Die brandweer was op die toneel om die brand te blus wat oor ʼn groot deel van die fabriek versprei het.

Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Neem kennis en tref voorsorg om nie vasgekeer te word in ‘n gebou. A.g.v. DIEFSTAL en MOORD woon ons in tronke waaruit ons moeilik kan ontsnap. Selfs ‘n ystersaag byderhand kan jou lewe red. Die ironie is dat wanneer jy paraat is daar gewoonlik niks skeef loop nie. As voorbeeld is ook jou spaarwiel op jou voertuig: wanneer in goeie toestand is daar selde ‘n pap band, raar maar waar . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.