Polisiebeamptes het Vrydagoggend 11 petrolbomme by ʼn taxistaanplek in Blybank naby Carletonville gevind nadat drie huise in die gebied gister met petrolbomme bestook is.
Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê die gebied loop sedert November verlede jaar onder erge geweld deur. Gister is twee huise in Thembelihle en een huis in Phomolong met ʼn petrolbom getref. Altesaam 23 huise is sedert verlede jaar met petrolbomme bestook.
“Gisteraand het inwoners ook skote gehoor uit die naburige Mphahlwa-nedersetting,” sê Peters.
Altesaam 40 verdagtes is sedert November verlede jaar in die omgewing in hegtenis geneem op verskeie aanklagte insluitend aanranding, voertuigkaping, diefstal, openbare geweld, brandstigting en intimidasie.
“Diegene wat aanhou om die wet te ondermyn deur misdaad te pleeg en dan agter stakings weg te kruip, sal in hegtenis geneem word en die volle krag van die wet ervaar,” sê Peters.
Polisiebeamptes is steeds in die gebied ontplooi en sal daar bly totdat orde herstel is.
Waar’s daai plekke? Thembelihle, Phomolong en Mphahlwa?
https://www.google.co.za/maps/place/Blybank,+Carletonville,+2499/@-26.3693806,27.5716458,9.96z/data=!4m5!3m4!1s0x1e95c6c69eb9aaf9:0x7c28fe26e3cc0646!8m2!3d-26.3295171!4d27.4820657
Carletonville is 55 Km weg tussen Potchefstroom en Krugersdorp. Blybank is ‘n paar km’s buite Carletonville opad Randfontein toe :)
Baie dankie Anitiag, vir jou vriendelike verduideliking selfs met ‘n skakel en fotos van Blybank. Dit was nou spesiaal!
Ek het in Carletonville gewoon tot 2004. Dit sal volgende maand 15 jaar wees sedert ek Callies gegroet het en het verlede Kersfees in Fochville gekuier.
My vraag was oor die drie vreemde name. Ek lei af dit is woonbuurte by Bank. Wat word die woonbuurt tussen Carletonville en Welverdiend genoem?
Weereens, dankie vir jou antwoord.
Die probleem het in november 2018 begin ,ons trek by maart 2019 en die saps sukkel nog steeds ek wonder of hulle die jaar of miskien volgende jaar weer wet en orde sal kan handhaaf in die gebied of is dit te veel om te verwag.
Jissie kan hulle nie n goedkoper bom gebruik nie. Petrol is dan nou so duur.
Hoe bou n mens n land as daar soveel geweld, bedrog en moord is
Hoe bou n mens n land as daar soveel geweld, bedrog en moord is. Ek wonder net
Hoekom gebruik hulle se duur bomme Petrol is dan nou so duur.
Hulle het ook besef hoe duur dit geword het. Dis hoekom hulle nog oor het. Hulle het spaarsamigheid geleer… Yeah right!
Bly al 42jr in Carletonville. Oberholtzer. Nog nooit van daardie nedersettings gehoor nie. Sal bietjie navrae doen. Groot skok om sulke nuus hier te lees.
Hulle moet vir mc bride vra hoe jy n regte bom bou.