11 sterf in gru-botsing in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

Elf mense, waaronder drie kinders, is Sondagaand dood nadat twee motors in Limpopo gebots het.

“Die ongeluk het op die N1-snelweg naby die Mookgophong (Naboomspruit)-afrit plaasgevind,” het Kagiso Mootane, ʼn woordvoerder van die provinsie se verkeerspolisie, Maandag gesê.

ʼn Mazda en Volkswagen, wat onderskeidelik ses en vyf mense vervoer het, was in die ongeluk betrokke. Die kinders wat oorlede is, is tussen vier en ses jaar oud.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.