11 sterf in Limpopo-ongeluk

Foto via Twitter

Minstens 11 persone is Sondag dood in ʼn ongeluk op die R37 by Ga-Chuene buite Polokwane (Pietersburg).

ʼn Bakkie en ʼn sportnutsvoertuig het mekaar reg van voor getref.

Joel Seabi, woordvoerder van die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, het gesê die pad bly gesluit vir verkeer. Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

leser ·

wanneer gaan die reg van voor ophou
waars die skadu ridders, hoekom ry julle nie rond nie, sal dalk die reg van voor tot ‘n minimum verander
skadu ridders wees sigbaar, moenie agter ‘n boom wegkruip om die moontlike spoedvraat sy donasie kaartjie te gee nie
EK WIL NIE NET JOU SKADUWEE SIEN NIE

Cherokee ·

En waar’s die slimgatte wat vertel ‘moderne motors is vir spoed gebou’.

Hartseer ·

Cherokee, jy slaan die bal mis. Dit gaan in die opsig nie oor spoed nie, maar ongeduld wat maak dat mense op die sperstrepe verbysteek sonder om blinde draaie en opdraandes im ag te neem.

Koos de Meyer. ·

Dit gaan nie soseer oor spoed vrate nie, dit ook, maar dubbel wit lyne bestaan nie meer nie en dan mense wat kanse vat. Van die oorledenes was seker weer agter op.

schaun ·

Dit is die nagevolge van vryheid waar jy aanneem jy kan maak wat jy wil want daar is niks wat n 200 rand noot nie kan regmaak en geen lisensie wat nie oor onderhandel kan word ,omrede daar altyd iemand is wat n paar randjies soek.

Menseregte ·

Dis van alle regte aan oortreders wat die regte van wetsgehoorsames heeltemal verpletter. Die resisteem werk nie en ons moet terugkeer na die goeie westerse waardes.

Ig ·

Cherokee, ek weet nie wat ry jy nie maar dit is sonder twyfel veiliger vandag in n voertuig teenoor die bv 70s.jy kan 300 airbags in jou bakkie hê maar dit gaan niks help as jy agter op sit nie

chrisjan ·

Afgesien van ‘n algehele wetteloosheids houding is daar die feit dat die MEESTE motor bestuurders op ons land se paaie GLADNIE afstand kan skat nie.

DS ·

Chrisjan jy praat so die waarheid en ipv om terug in hulle baan te probeer gaan gooi hulle vir jou wat van voor kom ligte. Al wat jy kan doen is probeer om uit die pad te probeer kom sodat hy jou met sentimeters mis. Dom dom dom besluite lei tot die gruwelike ongelukke.

Ig ·

Onaanvaarbaar, 11 mense, sal graag wil weet wat verkeerd gegaan het en wie is skuldig, bestuurders leef seker?

Hannelize ·

Volgens die FB-Groep “Traffic Policing Affairs Limpopo” is almal oorlede.

Robert Naude ·

Met vandag se onbevoegde, onopgeleide drywers en idiote agter die stuur , is enige spoed dodelik, maak nie saak wat se voertuig jy ry nie.

m ·

Ja party sukkel maar om die oorgang te maak van ‘n donkie ry (wat tot ‘n mate vir homself kan dink) en ‘n voertuig wat homself nie kan bestuur nie!!

Tiger ·

Die implimentering van ARTO kom te laat om hulle te kon help!Ek sal graag wil syfers sien van hoe ARTO die ongeluk syfer en pad sterftes gaan laat afneem.

LK ·

Chrisjan jy is so reg!!! ‘n ander ding wat ek deesdae gereeld ervaar — as daai perd sy flikkerlig aangesit het beteken dit jy MOET hom ‘n kans gee. Hy gaan net, jy moet maar rem of f=die gevolge dra. O nee ek weet nie meer nie. As my kinders op die pad is wil ek iets oorkom totdat ek van hulle gehoor het. Ons kan net bid verder niks. GENADE is al wat ons kan help.

AH ·

Wat vir my die ergste is van ‘n kop-aan-kop botsing is dat één persoon vir almal se dood verantwoordelik is a.g.v. sy/haar ongeduld of onverskilligheid. Die ander voertuig het in die regte baan gery, maak nie saak teen watter spoed nie. AARTO of watter wette die regering ook al wil inbring sal niks verander aan die bestuurders wat hulself bokant die wet ag nie. Ek glo dat daar vir elke wetsgehoorsame bestuurder twee bestuurders is wat voel dat die wette vir ander mense is en selfs dat ander daarmee wegkom om sonder ‘n geldige bestuurslisensie te bestuur. Die enigste manier waarop die slagting op ons paaie voorkom kan word sal van die padgebruiker self moet kom. Almal moet voel dat hulle hul deel moet doen om ons paaie te beveilig en dan daarvolgens optree. Ek sal maar nie asem ophou nie………

Poppie ·

Die dag toe ek vir die eerste keer agter die wiel klim en aan die stuurwiel vat, toe sê my pa ek hou nou n wapen in my hand. En so ook almal.ek moet versigtig wees en vir ander ook ry en dink sodat hul my nie raak moet skiet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.