11 sterf in trompop botsing

Die ongelukstoneel. Foto: @lindyyak op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @lindyyak op Twitter.

ʼn Trompop botsing tussen ʼn minibus en ʼn vragmotor het Vrydagmiddag die lewens van 11 mense geëis in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die botsing het op die R23 tussen Perdekop en Standerton plaasgevind. Volgens Mabuza het die bestuurder van die minibus ʼn stop/ry-teken verontagsaam.

Mabuza het gesê die bestuurder van die minibus moes by die teken stilgehou het, maar het aanhou ry op die enkelbaan-pad en reg van voor teen die vragmotor gebots.

Volgens Mabuza is twee mense ernstig beseer terwyl vier mense ligte beserings opgedoen het. Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het sy meegevoel met die oorledenes se families betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Net Ekke ·

“Volgens Mabuza het die bestuurder van die minibus ʼn stop/ry-teken verontagsaam.

Mabuza het gesê die bestuurder van die minibus moes by die teken stilgehou het, maar het aanhou ry op die enkelbaan-pad en reg van voor teen die vragmotor gebots.” Nou wonder mens net hoeveel ongelukke nog a.g.v. Taxis gaan gebeur. As mens net kyk hoe hulle ry en letterlik al wat pad reel is, verontagsaam, kry jy skoon koue rillings en nog steeds word daar niks aan gedoen nie.

Jasper ·

Ek het nie simpatie met balhorige mense nie. Net jammer dat onskuldiges soms ook moet boet.

Andries ·

En so gaan dit maar elke dag aan, an so sal dit nog elke dag aan gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.