11 sterf toe aanvallers op taxi losbrand

misdaadtoneel

Argieffoto

Elf mense is doodgeskiet toe onbekende aanvallers Saterdagaand op ʼn minibustaxi naby Colenso in die KwaZulu-Natalse Middelande losgebrand het.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die taxi was op pad terug van ʼn begrafnis in Matimatolo in KwaZulu-Natal na Johannesburg toe die voorval net voor 20:00 gebeur het.

“Op die R74 tussen Colenso en Weenen het onbekende mense uit die bosse langs die pad te voorskyn gekom en op die taxi losgebrand. Onbevestigde inligting dui daarop dat die passasiers lede van ʼn taxi-vereniging in Gauteng was wat die begrafnis van een van hul lede bygewoon het,” het Naicker gesê.

“Beamptes is steeds besig op die toneel. Speurders van die provinsiale taakspan in Durban is ook op die toneel ontplooi. Talle mense het gesterf en ons sal eers later die presiese dodetal kan bevestig wanneer ons lede die toneel klaar gefynkam het,” het Naicker gesê.

Mxolisi Kaunda, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, het later in ʼn verklaring gesê 11 mense is doodgeskiet. Kaunda sal Sondagoggend die toneel besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

Genoeg is nou genoeg ! President Cyril Ramaphosa JY moet nou asseblief ingryp want dit is nou ‘n STAAT van OORLOG Gewone LANDSBURGERS word nou VERMOOR maar niks, absoluut niks word gedoen om die onskuldige BURGERS van Ons Land te beskerm nie ????????????!

Koos ·

Sjoe. Jy klink histeries met al die hoofletters en vraagtekens, en dink jy Cyril lees Maroelamedia?

Katerina ·

Hygend hert dis n slagting!! Mens se lewe is nie n sent werd in die land nie..erger as “The Wild West”.

Callie ·

Hierdie is absoluut die regering se beleid wat nou geweld baar. As jy betogers los om miljoene se skade aan te rig sonder optrede. As jy plaasmoorde toelaat sonder om op te tree. As jy mense laat ondergaan terwille van jou kaders. Dis wanneer die gebeur. Daar gaan nou teruggeslaan word. Dis hoe dinge eskaleer tot niks dit meer keer nie. Dit gaan baie erg raak want die met weerwraak in hulle harte raak al hoe meer. Ramaphosa wees gewaarsku

Anoniem ·

Callie, ek stem saam, ‘n bose kanker ! Wat ‘n mens saai sal ‘n mens maai !Callie, baie goed in woorde vertel – gaan nog erger raak ????????

1+1 ·

Die texi-nywerheid is ‘n groep ongedissiplineerde en selfsugtige padgebruikers. Hulle maak hulle eie padreels en die res van die padgebruikers moet daarby inval. On-aantasbaar, omdat dit van die begin af nie gereguleer is nie. As passisiers kla oor hulle onverskuligheid, word hulle gedreig dat hulle afgelaai gaan word. As die regering gaan ingryp gaan hulle duisende stemme verloor. So ons sit in ‘n greep van annergie en wetteloosheid.

humor ·

1+1 100% Die regering is aandadig vir hd haglike toestand. Ook waar, dit stuur onomkeerbaar op n baie donker toestand in die land. Siener het gese dit sal so donker word dat ons nie ons hand voor ons oe sal kan sien nie.

1+1 ·

Die texi-bedryf is in sy totaliteit ‘n ongedissiplineerde, onverantwoordelike, selfsugtige en ‘n bedryf wat nie gerelueer word nie. Hulle maak geen geheim van hulle derde wereldse mentaliteit nie. Passesiers durf nie kla oor hulle padgebruik nie, want dan word hulle gedryg met aflaai. Die regering sal nie hulle monde oopmaak nie, want hulle word met verkiesingstemme gedryg en daar is moontlik nog ‘n paar amptenare wat self ‘n paar texi’s besit. As padgebruiker ervaar ons hierdie ernstige probleem. Verkeerspersoneel dink 2x voordat hulle ‘n texsi aftrek, wat die meeste van hulle gewapen met wettige of onwettige lisensies

Ellau ·

Ag moenie “worry” nie na vlg jaar se verkiesing sal die ANC wet en orde terugbring – na dit wat oor is…. as daar iets oor is.
ANC het n monsters geskep wat hulle nie kan beheer of kan onderwerp aan wet en orde.
Hulle gaan aanbied om alles te betaal en weduwees en wese te ondersteun en dan is die Kaap weer Hollands (verkeerde aanhaling in hierdie tye).

Koos ·

Arme mense. Hoop nie die mense wat hierdie 11 se begrafnis bywoon gebruik ‘n ander taxidiens. Hoeveel plaasmense is vermoor teenoor taxipassassiers die afgelope maand?

Ella ·

@ Regtig: ja dis n relevante vraag waarop niemand sal antwoord of dalk iemand wat statistiek hou van alle onnatuurlike doodgaan.
Ek het probeer en opgehou omdat al die aanvalle/gevalle my so oorweldig en depressief gemaak het dat ek elke dag gehuil het oor die sinneloosheid daarvan.

Renier ·

Eeu oue reseppie wat homself hier afspeel. Die staat staan terug laat toe dat geweldenaars chaos veroorsaak totdat mense smeek vir ingryping en dan ken hulle eksklusiewe lisensies toe aan die einste geweldenaars.

Willie ·

Tydens die sogenaamde “struggle” was geweld aan die orde van die dag, om dit teen te staan. Die regering van vandag was dié wat dit destyds aangehits het, dus sit hulle nou met hulle eie gebakte pere. En almal struggle nog steeds.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.