11 trokke in brand verwoes

Foto: Rescue Care

Elf vragmotors het Vrydagaand in ʼn brand by ʼn maatskappy in Westmead in Pinetown, KwaZulu-Natal, deurgeloop.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê brandbestryders en paramedici is omstreeks 22:30 na die toneel in Stockvilleweg ontbied. Volgens Jamieson was ʼn hele aantal vragmotors reeds in ligte laaie.

“Die brandbestryders het vinnig gewerk om die brand onder beheer te bring en uiteindelik te blus. Hulle kon daarin slaag om van die vragmotors te red voordat die brand versprei het,” het Jamieson gesê.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Jamieson het gesê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.