11 vas ná busse brand

Die busse wat verwoes is. (Foto: Verskaf)

Elf verdagtes is Woensdag in Villa Nora buite Lephalale in Limpopo in hegtenis geneem nadat ontstoke lede van die gemeenskap twee busse aan die brand gesteek het.

Dít volg ná verskeie voorvalle in die Dipompong-nedersetting waar lede van die gemeenskap hulle tot gewelddadige protesaksies gewend het. Paaie is ook tydens dié protesaksies met klippe versper.

Volgens kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, is bykomende lede van die polisie se eenheid vir openbare orde gedurende dié protesaksies ontplooi om die plaaslike polisie by te staan en die situasie onder beheer te bring.

Die verdagtes, tussen 25 en 38 jaar oud, sal binnekort in die Phalala-landdroshof op aanklagte van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging verskyn.

Ngoepe sê nog inhegtenisnemings sal na verwagting volg.

“Lede van die gemeenskap word aangemoedig om die nodige regsprosesse te volg wanneer hulle besware teen enige entiteit wil opper, eerder as om tot geweld oor te gaan. Dié gedrag word nie deur die polisie geduld nie,” sê Ngoepe.

Paaie is ook tydens dié protesaksies met klippe versper. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Carel ·

Ha ha ha “vas”
VASbeslote om weer te brand
Ons regstelsel is n grap

Db ·

Waar de swernoot kry hulle al die klippe vandaan? Tot in die stede is daar klippe. Lyk my dit kan ‘n lonende besigheid word om klippe aan te ry en te verkoop

alida ·

Jy is so reg dit sal lonend wees. R10 per klip is ok. Nugter weet waar die klippe in die stede en dorpe vandaan kom want dit altyd beskikbaar as daar geprotesteer word.

John ·

Limpopo… Hoeveel van daai mense is in SA gebore? Hulle sal nie in Zim so aangaan nie.

Thinus Erasmus ·

Ek sal graag sien dat die staat – die SA regering – alle skade wat tydens protesoptredes gely word, finansieel vergoed soos bv. die padongelukke fonds. Dit moet egter gratis wees, nie soos versekering wat jy uitneem nie, en dit moet deur BTW en selfoonbelasting (daar kan gerus ‘n ekstra belasting op selfoon lugtyd gehef word) befonds word.
Dit is die enigste belasting wat molesmakers wel betaal.

Jerry ·

Hoekom is die mense so kwaad en doen hulle sulke verskriklike wettelose en bose dinge soos klipgooi en brand? Wat of wie laat hulle dink dat hulle ook bo die wet verhewe is? Wie leer hierdie mense hierdie kultuur van vernietiging en selfvernietiging of is dit nou maar net doodeenvoudig die nalatingskap van ANC en EFF ideologie van struggle tot selfverryking deur kaderontplooiing en korrupsie ten koste van die mense? Waar gaan alles vir hierdie arme mense eindig wat ten spyte van hulle frustrasies en woede, steeds vir die ANC en EFF stem en wie die mense weet, die wortel van al die kwaad is.

Thinus Erasmus ·

Ek verstaan nou wat gaan aan, my vrou het lankal vir my vertel dat sy nie noodwendig ‘n oplossing vir haar probleme soek nie, maar net ‘n simpatieke oor.
Nou weet ek hoekom baie van my kommentaar afgekeur word !

Andre ·

In die skerpioen se woorde: Jammer, ek kan myself nie help nie, dis in my natuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.