11 vas ná geweld oor Gupta-myn

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Raadslid is onder die 11 mense wat Woensdag in Tigane naby Klerksdorp in hegtenis geneem is in verband met ʼn gewelddadige betoging oor die Gupta-familie se Shiva-uraanmyn.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die raadslid sal na verwagting vandag in die Hartbeesfontein-landdroshof verskyn, terwyl die 10 ander verdagtes Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof sal verskyn. Die 11 is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Volgens Makau het ʼn groep voormalige werknemers van die Shiva-myn begin betoog omdat hulle beweer hulle is nie betaal nadat hulle afgelê is nie.

Versterk deur die gemeenskapslede van Tigane, het die betogers probeer om ʼn optog na Hartbeesfontein te hou, maar die polisie kon hulle keer voordat hulle in die dorp ingegaan het waar hulle glo beplan het om eiendom te beskadig. ʼn Polisievoertuig is wel in die proses beskadig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

Nou wanneer presies word die Guptas vervolg vir al hul ongeruimthede? Almal word vervolg behalwe hulle….

Ada ·

Ek wonder of hierdie mynprobleme ook Jan van Riebeeck se skuld is? Die regering , die werkers en die Guptas is mos altyd onskuldige mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.