11 vas ná plundering van winkels

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Elf verdagtes is in hegtenis geneem nadat winkels by ʼn winkelsentrum in Evaton in Gauteng vroeg Vrydagoggend geplunder is.

Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, verwag hulle om nog mense in hegtenis te neem namate daar na die gesteelde goedere gesoek word.

“Die plundering het gevolg ná ʼn diensleweringsbetoging. Die ontstoke inwoners het paaie versper. Die omvang van die skade en die waarde van die goedere wat gesteel is, moet nog bepaal word,” het Dlamini gesê.

Die plunderaars het glo deur die winkelsentrum se dak toegang tot die winkels gekry. Hulle het onder meer by Cash Build, Ackermans, Bradlows, PEP en ʼn motoronderdele-winkel ingebreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wikus ·

Did ń kultuur wat dia ANC al voor 94 gevêstig het. Dit sal nou so bly.

Manie ·

Dankie FW en jou NP maatjies vir julle nalatenskap wat een groot gemors is

Johann ·

Sien; voorbeel deur leirskap is ongelukkig hier van toepassing. “Leiers” sonder gewetes, onaantasbaare magavertoon…steel en plunder en breek en verwoes tot eie gewin: met n “rasionaal” van hoekom hulle mag! Wat dink jy gaan die sg. massas in reaksie doen?

Jean ·

Hoe vas is hulle of loop hulle vandag weer op straat rond? Ons wil sien dat hierdie mense aangekla, gevonnis en gestraf word.

vermeende ·

Plunder???

Vang n beeswaget en gee hom die No 1 pos dan is verval gewaarborg. Wat gaan met die media en die SAPD aan, die klomp kry toegang deur die dak en gesteelde goedere is nog soek…… hoe de hel kom hulle by plunderaars uit, dis inbrekers!!
Die naam is mos gelykstaande aan die oortreding!

Alida ·

Ag die plunderaars sal ook seker standbeelde kry! Hoe dan nou. Beeswagter se demokrasie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.