11 vas oor begrafnis-skietery

Boshego Joel Seloga se dienspistool wat op die toneel by die in Jane Furse, Limpopo, begrawe is (Foto verskaf deur SAPD)

Boshego Joel Seloga se dienspistool wat op die toneel by die in Jane Furse, Limpopo, begrawe is (Foto verskaf deur SAPD)

Elf persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval by ʼn begrafnis Saterdagoggend in Jane Furse, Limpopo, waartydens ʼn polisiebeampte doodgeskiet is.

“Die oorledene is uitgeken as ao Boshego Joel Seloga,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy was by Hlogotlou-polisie gestasioneer, maar was ook betrokke by die Groblersdal-sporingseenheid.”

ʼn Gesamentlike span van misdaadintelligensie, speurders, misdaadvoorkoming en die blitspatrollie het reageer en die 11 verdagtes is deur die loop van Saterdagaand en Sondagoggend in hegtenis geneem. “Tien mans en ʼn vrou, tussen 26 en 48 jaar oud, is in hegtenis geneem.”

Otto het gesê Seloga se dienspistool, waarmee hy in die kop geskiet is, is op die toneel gevind waar dit begrawe is.

Die verdagtes sal hierdie week in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die 57-jarige adjudant-offisier was deel van ʼn groep polisiebeamptes wat kollegas van Noordwes bygestaan het om ʼn misdadiger, wat verantwoordelik is vir verskeie misdade wat in die Brits-area, aan te keer. Beamptes het die verdagte opgespoor waar hy in Madibong naby Jane Furse die begrafnis bygewoon het van ʼn gemeenskapslid wat verlede week doodgeskiet is. Die verdagte het begin skree en lede van die gemeenskap het die polisiebeamptes vir misdadigers aangesien. Die polisiebeamptes het gevlug, maar Seloga kon nie wegkom nie. Lede van die gemeenskap het sy dienspistool gegryp en hom in die kop geskiet. Hy is op die toneel dood.

Die LUR vir veiligheid en die provinsiale polisiekommissaris sal die beampte se naasbestaandes Maandag besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rupert Ashford ·

Het hulle regtig gedink die polisie is misdadigers of het die spul net hulle maatjie beskerm…

Benn ·

Die vrae om te antwoord: Het die SAPD lede met n SAPD voertuig by die begrafnis opgedaag en het hulle hulself behoorlik geidentifiseer. Was die begrafnis, van iemand wat “verelede week doodgeskiet is” die mees geskikte geleentheid en omstandighede om ‘n misdadiger, wat vir verskeie misdade gesoek word, te arresteer.

GES ·

“Jungle justice” ? Van wanneer af word daar sommer net links en regs geskiet. Ek het vergeet ons leef in ‘n piesangrepubliek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.