11 vas toe betogers weer gewelddadig raak

ʼn Betoging op die N4-snelweg buite Emalahleni (18 Augustus 2017). Foto: Verskaf

Elf mense is in hegtenis geneem nadat ʼn vergadering tussen die gemeenskap van Kwa-Guqa in Vosman, buite Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga, en die plaaslike owerhede gewelddadig geraak het.

Maroela Media het vroeër berig die N4 in die gebied was Vrydag ure lank gesluit nadat woedende lede van die gemeenskap die snelweg met ʼn groot hoeveelheid steenkool en klippe versper het. Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die betogers het motors, vragmotors en busse wat in die gebied gery het met klippe bestook en eiendom beskadig.

Hulle het daarna ʼn bus en ʼn motor op die snelweg aan die brand gesteek en verskeie winkels, wat deur buitelanders besit word, geplunder. ʼn Busbestuurder is tydens die betoging beseer en moes na ʼn hospitaal geneem word.

“Die polisie kon Vrydag daarin slaag om die skare uitmekaar te jaag en die afgelope naweek is daar ʼn vergadering by die plaaslike stadion gereël om die gemeenskap se besware te bespreek. Die vergadering het egter gewelddadig geraak en die polisie moes ingryp om die skare uitmekaar te jaag en die regeringsafgevaardigdes na veiligheid te begelei,” het Hlathi gesê.

Hy het gesê 11 mense is in hegtenis geneem in verband met die geweld in die gebied en nog inhegtenisnemings word verwag. Intussen is die N4 weer oopgestel en word die situasie gemonitor.

Lt.genl. Mondli Zuma, die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het die gewelddadige optrede van die gemeenskap veroordeel en gesê betogings en protesaksies moet binne die grense van die wet plaasvind. “Maak nie saak hoe ernstig jou besware is of hoe sterk jy oor die saak voel nie, jy het doodeenvoudig nie die reg om eiendom te vernietig nie, of dit nou die regering of ander mense se eiendom is,” het Zuma gesê.

Hlathi het gesê die verdagtes sal binnekort in die Witbank-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michael ·

Die mense is kwaad maar kom 2018 staan hulle weer bankvas agter die anc by die stembus maar soos my oupa altyd gesê het as die kop dom is moet die lyf swaarkry

John Samuel ·

So “ons” kom aan bewind deur te breek & verwoes, maar dan weet “ons” nie so lekker wanneer – en hoe! – om op te hou nie….

Gavin ·

Niks anders as n groep terroriste nie, om n nationale pad te blok is sabotasie nie waar nie? Moet ek ook wanneer ek ongelukkig is oor iets, of ook net iets wil he, plekke aan die brand steek, ander mense aanval met klippe ens?

HPV ·

Hul beheptheid met vuur en vernietiging laat mens spraakloos. Is dit dalk iets wat in die oertyd vasgesteek het by die onderontwikkelde mens?

Swannie ·

Nee, more word die pad weer versper en winkels geplunder omdat daar nie `n bus is om hulle te vervoer nie.

Lba ·

Mense dink met hulle koppe en vernietig nie als . wys dis nie mense nie

Leahim ·

Te veel mense wat doelloos rondloop sonder werk en te veel tyd op hande het om droog te maak ek sou aanbeveel geboorte beperking todat die werkloosheid probleme uitgesorteer kan word.

Justice ·

“Geplunder” is die mooi word vir rot en kaal besteel – die tragiese verhaal van Afrika en sy kulturele verskille.

Cherokee ·

Dit bly onverstaanbaar dat enieen kan betoog vir iets waarvoor hulle nie betaal nie. Ook net so onverstaanbaar dat geeneen wat die protesteerders toespreek dit pertinent uitlig nie.

shiloh ·

Ons kla almal en elkeen he iets te se maar wat doen ons…..sit lekker en wag maar ons gaan nog so wag dan is daar niks om voor te wag….. waars die DA en Gerrie Nel komaan ek daag julle kom staan op en begin iets doen vir julle stemme.Ons land bloei en raak net erger.

Katy ·

Vang die wat skade aan rig. Staan met sambok agter hulle en dat hul op eie onkostes self reg maak en met spoed, want dit is wat hulle doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.