11 vas wat glo lisensies verkoop

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die Valke het nege verkeersbeamptes, sowel as hul twee beweerde makkers, in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie en bedrog.

Kapt. S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagtes, tussen 31 en 55 jaar oud, is by die Benoni- en Secunda-verkeersdepartemente in hegtenis geneem. “Die verkeersbeamptes en hul beweerde makkers het na bewering glo duisende rande in hul sak gesteek deur omkoopgeld te aanvaar om bestuurslisensies uit te reik aan mense wat nie hul lisensietoets geslaag het nie of diegene wat bloot hul lisensies wou koop.”

Volgens Nyakane is sewe beamptes by die Benoni-verkeersdepartement in hegtenis geneem terwyl hulle aan diens was. Die ander twee beamptes is by die Secunda-verkeersdepartement in hegtenis geneem. Die ander twee verdagtes is in Benoni, naby die toetsgronde, in hegtenis geneem.

Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, hoof van die Valke, het die arrestasies verwelkom. “Hoeveel mense bestuur met onwettige lisensies op ons land se paaie? Hoeveel mense het al hul lewens verloor weens gulsige regeringsbeamptes wat vinnig ʼn paar rand in die sak wil steek? Dit kan nie geduld word nie.”

Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Benoni- en Secunda-landdroshowe verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Annelise ·

En dan wonder hulle hoekom is daar so baie pad ongelukke…….

Hendrick Carelsen ·

Daar moet n manier wees om die mense wat hulle betaal het ook vas te trek. Laat toets almal oor.

Scalla ·

hulle beoefen slegs die regering se nasionale sport, dit is aan die orde van die dag

Louis ·

Dit is reg dat hulle gevat word want dit is hulle soort wat die bedryf slegte naam gee.

Derick ·

Dis hoogtyd dat hulle by alle verkeers departemente toeslaan, Deesdae fail mens jou lisensie omdat jy nie “bribe” nie.
Darm kan ek se Hendrina verkeersd departement vat nie sulke nonsens nie

Gavin ·

Dis net sowel hulle met n ongelesneerde vuur wapen uit gereik word. Dis n skande, daar is miljoene mense wat, wat sal gee om n werk te he. Maar née hulle hou aan skelm in diens neem. Mag hulle lank sit en wonder oor wat hulle gedoen het, in engels noem hulle dit “Greed”

Sue ·

Skelm is skelm en bly skelm. Ek dink die valke moet bietjie in Heidelberg (Gauteng) ook gaan ondersoek instel.

Sus ·

Verseker kan die hele rybewys sisteem maar ondersoek word. As jy nie die geldjie reg het onder die voetmatjie nie, sal jy ook nie sommer by Wathloo regkom nie. Skande!

Raymond Bastone ·

Wat n groot skande hulle kan nou al die verkeersdepartemente ondersoek nou weet julle waar al die ongelukke vandaan kom een groot kurrupte gemors van bo tot onder

Varkie ·

Ai julle klomp alwetendes, daai ou halfuurtjie wat jy daar rond ry beteken nie jy kan bestuur nie, so dis onnodig om mense te beledig en se as jy jou lisensie gekoop het maak jy ongelukke op pad, en niemand ry in elk geval soos die K53 in elk geval nie, vir al nie die ouer generasie wat dit op die “regte” manier gekry het nie, niemand stop by n stop straat nie en op die hoofweg vat jy my verby teen 140 km/u. Se liewer dis n slegte ding dat hul vasgetrek word want nou as jy vir jou lisensie gaan kan jy dalk gediskrimineer word t.o.v. jou ras en herhaaldelik moet gaan en betaal vir n plastiek kaartjie wat niks beteken nie.

Carel ·

En ek ken ‘n bekende persoon in Klerksdorp wat ook ‘n lisensie gekoop het.

Andries Vermeulen ·

Varkie is een van daai wat sy/haar lesensie gekoop het.

Louisa Krügel Pieters ·

Haha Andries Vermeulen….Ek dink jy slaan die spyker op die kop!!!!!
Hoekom sal Varkie dan anders die mense so verdedig?

Piet ·

Aan ALMAL van julle wat WEET van al die korrupsie, en dit nie aanmeld nie, weet dan dat jy net so skuldig is.

Piet ·

Almal van julle wat van hierdie korrupsie weet, en niks doen daaraan nie, is net so skuldig.

Ruben ·

Varkie is reg julle dink julle weet als,en hendrick gaan jy almal se gelde betaal wat hulle lisensies moet oordoen eks beslis nie bereid om my geld en tyd vir dit te gebruik.As Ek kon sal ek ook een gekoop het baie makliker,in die ou regering se dae het die ouens n kilo biltong voor gesit as hy getoets word en dan neem die toetsbeamptes dit en kyk die foutjies mis.

dries ·

Daar is dit nou, nou weet ons hoekom mense nie pad tekens gehoorsaam nie want hulle verstaan dit nie. Dom mense wat 120 km/h op n 60 km/h pad bestuur. En ou maat jy kan maar op my gat ry soos jy wil as as die pad teken vir my wys 60 km/h dan kan jy maar n hart aanval kry 60 sal ek ry.

Sue ·

Ek was n wetsgehoorsame burger gewees. Het die 3de keer eers geslaag al het ek vir verkeersdepartement gewerk daai jare. Mense verstaan nie meer die konsep van pad tekens nie. Gaan kyk maar oral waar jy ry op paaie. Heidelberg (gauteng) moet ook ondersoek word. Glo my vry daar is net so baie onreelmatighede. En as hulle skuldig bevind word aan die bedrog stories kla hulle sommer aan vir moord ook!!

poppie ·

Ek wonder wa gee mens die verkeersbeamptes aan wat so korrupt is ek weet van een

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.