11 verbind met ysterpenne op die pad

(Foto: SAPD Gauteng)

Die polisie het elf verdagtes aangekeer wat verbind word met ysterpenne wat geplaas is op paaie in Pretoria.

“Een van die verdagtes het met ʼn vuurwapen op die polisiebeamptes afgestorm. Hulle het op hom gevuur en hy is op die toneel dood verklaar,” sê brig. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie.

Die polisie het Saterdag inligting ontvang oor waar die verdagtes hulself bevind. Hulle word daarvan verdink dat hulle ysterpenne op die N1, N4 en R80 in Pretoria geplaas het. Hulle word ook verdink van rooftogte wat met aanlyn inkopies verband hou, voeg Muridili by.

“Die span het na ʼn huis in Winterveldt ontplooi wat ook gebruik is om ʼn onwettige sjebeen te bedryf. Tien mans en ʼn vrou bestuur die sjebeen.”

Vyf van die verdagtes, insluitend die oorledene, sal aangekla word van ʼn rits aanklagte insluitend verkragting en gewapende roof. Die vrou sal aangekla word van oortreding van die Immigrasiewet en dat sy ʼn onwettige sjebeen bedryf het.

“Ondersoekbeamptes poog tans om ook die res van die verdagtes te verbind met rooftogte wat met aanlyn inkopies en ysterpenne op die pad.”

Die polisie het beslag gelê op ʼn namaakvuurwapen en alkohol.

“Ek is baie tevrede met die toewyding wat onverpoosd gewerk het om seker te maak dat hulle die verdagtes aankeer wat die gemeenskap geteister het,” het lt.genl. Tommy Mthombeni, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

Die verdagtes sal Maandag in verskeie howe in Pretoria verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danie ·

N paar jaar terug het n polisie vrou op tv gese daar nie so n probleem nie.Die is seker nou al in die parlement bevorder.Wie gee om beslis nie die sapd nie.

Danie ·

“Vyf van die verdagtes, insluitend die oorledene, sal aangekla word van ʼn rits aanklagte..”

O dis snaaks :-))

Eugene ·

Poging tot moord.
Klaar. GEEN genade of versagtende omstandighede nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.