112 van Wes-Kaap vas in een naweek

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die polisie in die Wes-Kaap het die afgelope naweek minstens 112 mense vir ʼn verskeidenheid misdade in hegtenis geneem.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê die meeste mense is in die Khayelitsha informele nedersetting in hegtenis geneem.

Die verdagtes se misdade sluit onder meer in moord, gewapende roof, huisbraak en diefstal.

Volgens Rwexana het een van die verdagtes Saterdag ʼn 45-jarige man met ʼn mes doodgesteek ná ʼn rusie tussen die twee partye ontstaan het.

Die polisie het ook Saterdagaand beslag gelê op ongeveer 44 sakkies dagga, en tot dusver een man in hegtenis geneem.

In ander misdade is minstens 39 mense in hegtenis geneem vir die besit van dwelms soos tik, mandrax en en dagga. Altesaam 23 mense is vas vir die besit van gevaarlike en ongelisensieerde wapens en 11 mense is in hegtenis geneem vir dronkbestuur.

“Al die verdagtes sal oor ʼn tydperk voor die hof verskyn,” sê Rwexana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mike Kaapstad ·

Ek gedink dagga is wettig,seker net by jou huis nie rondra nie…………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.