113 beseer, twee dood in Nelspruit-busongeluk

Foto: @CocoJelly / Twitter

Foto: @CocoJelly / Twitter

Minstens 113 mense is beseer en twee is dood nadat ʼn dubbellengtepassasiersbus Woensdagoggend buite Nelspruit in ʼn sloot beland het.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 08:00 plaasgevind. Daar was moontlik ook ʼn ander voertuig in die ongeluk betrokke.

“Die ongeluk het in Kanyamazaneweg, sowat 15km buite Nelspruit, plaasgevind,” het Vermaak in ʼn verklaring gesê. “Dit is in die stadium nog onbekend waarheen die bus op pad was. Paramedici van verskeie nooddienste is op die toneel en dit wil in die stadium voorkom asof baie van die beseerde passasiers bene gebreek het.”

Vermaak het gesê dat een van die kritiek-beseerde passasiers met ʼn helikopter van ER24 na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is. Die res van die beseerdes word met ambulanse na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede is op die toneel om dit te ondersoek,” het Vermaak bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sanja ·

Ja dis slegte nuus om van ongelukke te hoor……maar net vanoggend oppad werk toe, in ‘n hoofstraat …Pretoria weg, is die verkeer opeengehoop en stadig….soos altyd ry die Taxi’s aan die linkerkant van die geelstreep waar daar nie veel teerpad is nie……..en toe skielik na-aap ‘n groot bus hulle………die bome groei laag en daar was so amper amper ‘n lelike ongeluk – en dit sou die bus se skuld gewees het!

Basjan ·

Dit is nie ‘n ER24 helikopter nie? Die Mpumalanga Gesondheids Departement betaal. Vals advertensie deur ER24.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.