113 kinders sterf weens wanvoeding in Gauteng

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Altesaam 113 kinders is tussen April 2015 en Maart 2016 in Gauteng dood weens wanvoeding, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

“Dié skokgetal is Vrydag deur Qedani Mahlangu, provinsiale LUR vir gesondheid, bekend gemaak by ʼn komiteevergadering,” het DA-LP Jack Bloom gesê.

Volgens ʼn dokument wat tydens die vergadering voorgelê is, was daar 3 040 nuwe sake van erge wanvoeding, met 1 512 toelatings en 113 sterftes weens erge wanvoeding, het hy gesê.

Volgens die dokument is “foutiewe kliniek-assessering, klassifikasie en bestuur van erge akute wanvoeding” ook ʼn uitdaging.

Mahlangu het gesê sake van wanvoeding neem toe en ʼn geïntegreerde benadering moet gevolg word wat gemeenskappe en die departement van maatskaplike ontwikkeling insluit.

“Ek is geskok dat soveel kinders aan hongersnood kan sterf in ʼn stedelike provinsie soos Gauteng wat die hulpbronne het om seker te maak dat almal kos kry,” het Bloom gesê. “Die wanvoedingsterfgetalle moet ʼn wekroep wees dat meer gedoen moet word om die persone te identifiseer wat hulp benodig. Dit wys ook op die dringende behoefte aan werkskepping om seker te maak mense het geld om vir hulself te sorg en nie afhanklik te wees van welsyn nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Veritas ·

Die maklikste is om by die naaste kerk aan te klop. Hulle sal die saak verder voer en die nodige inligting kan verskaf. Sterkte.

Marie Salzwedel ·

En mense moet nie net kinders kry om vir subsidies te kwalifiseer nie!!!!!

Hendrik ·

ek. Mênse is nie bekommerd nie. Die staat sal sorg met ons klein persentasie belasting betalers wie al minder word. Hoeveel van dié belating betalers en werkloses lewe ook maar net net.

Liana ·

Ek verstaan nie hoe werk mense se kop nie . As hulle nie eers n werk het of geld het nie het hulle n paar kinders. Hoekom? Die ouer of ouers moet op een of ander manier verhoed word as hulle nie vir kinders kan sorg d.w.s nie kan kos gee nie. Daar is soveel slim mense op aarde , werk asb iets uit om nie situasie te vererger deur net kos te gee sodat hulle dan weer krag het om weer kinders te kan maak nie. Dit is mos die ouer of ouers se verantwoordelikheid om vir kinders te sorg, dit kan verseker nie ander mense se skuld of verantwoordelikheid wees nie. Daar is vry en verniet klinieke om dit te verhoed asook hospitale wat vry en verniet is om te help om swangerskappe te verhoed. Hoekom word dit die persoon wat werk en moontlik geen kinders kan he omdat dit te duur is se verantwoordelikheid deur belasting te betaal sodat staat kan sorg vir die kinders wie se ouers hulle nie kan kos gee nie. Ek vra maar net want menseregte het slegs nou voordeel vir die verkeerde redes en mense geword.

Jo-anli ·

My man kry n klein pensioen, ekt
gaan aansoek doen by Sassa. Aan my is gesê en het bewys ek kan nie kry nie, ons het n huis ons huur nie dus maak dit ons ryk. ons inkomste in onder R5000 per maand. Krag water belasting tel mediese uitgawes elke masnf. Daar bly niks oor.

E.K. ·

Jo-anli – ai dis vir my sleg om van mense soos jy te lees. wens so ek kan almal help wat swaarkry. Mense moet nou nie kritiseer, ja daar is korrupsie en stelery ens ens, maar steek maar helpende hand uit as en waar jy kan en help. Ek is so bly ek kan bekostig om drie maal per dag te eet en help as en waar ek kan sonder om vrae te vra. As mense dan lieg oor dit, wel dit is dan op hul gewete, ek sal bly help.

Helena ·

Mens kan nie veel koop.teen R350 per maand nie…..dit dek nie eens die kind se kos vir ‘n maand nie

Helene smuts ·

Wil ook graag help maar waar is die takke naby ons dorp in weskaap Piketberg om kos af telaai. Ook seker te wees o s kry bewys dat dit in regte hande beland. Ook moet die swartes wat kan ook help. Ook die ander, n druppel in die emmer maak n verskil

twakkies ·

Gaan klop by die verskillende partye wat almal al die mooi dinge belowe voor ons stem. Hulle deel Dan kospakkies uit vir stemme. Mense wil die kerk gebruik soos n spaarwiel en Dan as hulle weer opkoers is Dan vergeet hulle die kerk.

Jaycee ·

Egte armoede, geweld en misdaad is seker dinge wat ons president as eienskappe van demokrasie sal noem. Self leef by in weelde en toenemende uitgawes word vir hom en sy trawante se sekuriteit uit be lastingbelaters se geld begroot. Sy dag van afrekening kom vinnig nader; daar is magte baie groter as hy en hy sal eendag nog smeek dat iemand uit die geledere van die vertrapte mense tog net sy tong met water kom aanraak.

Valie ·

Inderdaad: Demokrasie Afrika – styl in aksie. Getalle meerderheid raak ‘n vernietigende faktor wanneer tientalle miljoene deur ‘n paar miljoen gevoer moet word. Verder is ‘n ongedissiplineerde, onbeheerbare, ‘mob’ mentaliteitgedrewe, selfsugtige meerderheid meer selfvernietigend as enige iets anders. #democracy must fall….. Demokrasie kan slegs werk in ‘n federale stelsel waar minderheidsgroepe (al 12 minderheidsgroepe as jy die Indiers, portugese en Engelse bytel) elkeen geleentheid, plek en mag het om selfversorgend te wees.

sêmaarnet ·

Jong mense voel geregtig, ouer mense voel verontreg, en almal wil net hare kloof oor wie se skuld dit is. As jy nie wil he die kinders moet doodgaan van die honger nie, gee jou 20 sente wat stof opgaar in die kar se asbak vir iemand wat wel ‘n verskil maak kan maak – en reeds doen. http://www.helpendehand.co.za

En as jy bang is jou 20c gaan onregverdig verdeel word – dan is jou hart inelkgeval nie op die regte plek nie.

Reenboog ·

HOEKOM? omdat die studente wat kan leer en hulleself kwalifiseer alles VERNIET wil he, omdat NOG meer geld in die bevoorregtes se hande ingestop moet word en in Swaziland en Mosambiekse burgers sn wat hier studeer. Om nie eers van die derduisende onwettige immigrante wat in SA kom leef te praat nie. Dit gebeur ongelukkig as landsgrense oopgegooi word, jou EIE mense sterf op die ou einde, daar is nie genoeg geld vir almal nie. Soos die Indiers in die apartheidsjare na hulleself omgesien het, moet minderheidsgroepe dit ook nou maar begin doen, ongelukkig is daar nog te veel ‘liberales’ wat die reenboognasie verwelkom en vertroetel en nie sien hoe swaar kry die kinders van ook minderheidsgroepe nie, want die fokus van jong honger kinders word SLEGS geplaas op die meerderheidsgroep!! TE VEEL kinders is regtig ‘n probleem, oorbevolking word nie aangespreek nie, die mense kry nie education oor hoeveel kinders ‘n normale gesin met ‘n normale inkomste sal kan onderhou en vir opleiding stuur nie, hulle is aangese om soveel as moontlik te raak sodat hulle met die meerderheid alles kan stoomroller en oorwin!

lynette ·

Nou dat DA die plek gewen het word dit aan die groot klok gehang. Wonder hoeveel kinders het vorige jare gesterf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.