114 beskadig glo Eskom, myne se infrastruktuur

Die skade aan infrastruktuur. (Foto: Verskaf)

Meer as 100 verdagtes sal Maandag vir die tweede keer in die landdroshof in Mbombela in Mpumalanga verskyn nadat hulle vroeër vandeesmaand glo infrastruktuur wat aan Eskom en myne in die Nkangala-distrik behoort beskadig het.

Miljoene rande se skade is aangerig en talle inwoners in die omgewing was dae lank sonder elektrisiteit.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê transformators van Eskom in die omgewing is aan die brand gesteek sodat die verdagtes toegang tot ’n ou myn kon kry.

Dit het daartoe gelei dat dele van die area ’n paar dae lank kragonderbrekings ondervind het. Die polisie is in kennis gestel van die probleem en is op 19 Februarie na die perseel om ondersoek in te stel. Daar het polisiebeamptes 114 mense in hegtenis geneem wat besig was om staal en koperkabels te steel.

Die skade aan infrastruktuur. (Foto: Verskaf)

Daar is ook op 20 voertuie beslag gelê wat vermoedelik gebruik is in die uitvoering van die onwettige aktiwiteite.

Die verdagtes het almal reeds op verskeie aanklagte, waaronder onregmatige betreding, die oortreding van regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die oortreding van die Wet op Immigrasie, in die hof verskyn.

Ses van die verdagtes is tydens dié verskyning op borgtog vrygelaat. Die res sal na verwagting môre aansoek doen om borgtog.

Die ondersoek duur voort en die polisie kan nie die moontlikheid van verdere aanklagte in verband met die sabotasie en die beskadigde infrastruktuur uitsluit nie, sê Hlathi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Saartjievandiebosveld ·

En so breek hulle die land stukkie…vir stukkie af. En so sal dit gaan tot dat daar niks oor is.

Kokerboom ·

Mag hul die swaarste strawwe moontlik opgelê word. Hoop die regter of landdros is realisties en besef dis terrorisme. Ons is keelvol verby vir die rampokkery veroorsaak deur die onderduimse anc regime. Stuur rekening aan Luthuli huis

Jacobus ·

As oom Cyril en Bheki dit nie kan aanspreek nie is hulle ook aandadig – of is dit die “big picture”.

annie ·

Uitlanders kry borgtog. Oulik. En ons betaal binnekort nog meer vir Omkom se krag. Lè asseblief tog ‘n gaspyplyn vanaf Rusland via die seebodem en dan ondergronds tot by Orania. Hulle kan dit dan by ‘n padstalletjie verkoop. Ons sal dit verseker daar redelik goedkoop kan gaan kry. Messel Eskom se voor- en agterdeur toe.

Dup ·

Wat is volgende…Uniegebou….Parlement….ander staatsinstellinggeboue…..?
Wetteloosheid bedreig almal in SA.

Dries ·

Kokerboom. Binnekort praat ons van die ANC/DA regime. Die DA het nou amptelik vir die blankes in die land gesê ” voetsek”

Sonia ·

vra vir Malema wat hy hiervan weet. Hy het juis nou weer sy mes in vir André de Ruyter

Vrijburger ·

Hierdie tipe dade moet as sabotasie en terrorisme behandel word. En dienooreenkomsig teen opgetree word.

Kobus ·

Mag die ware belhamels tog net behoorlik ontmasker en gestraf word – die peste wat ágter die bedrywighede sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.