12 CemAir-vliegtuie gestrand

CemAir (Foto: CemAir, Facebook)

Die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) het Vrydag aangekondig dat hy die lugwaardigheidsertifikasie van 12 CemAir-vliegtuie opgehef het.

Die BLO het gesê hy het tydelik die sertifikasie opgehef en dit het Vrydagoggend om 06:00 in werking getree.

“Die maatreëls is voorlopig en tydelik, wat beteken dat dit outomaties ná 24 uur sal verval. Die besluit om die sertifisering op te hef volg ná ʼn oudit deur BLO-inspekteurs wat ontdek het dat sommige van die vliegtuie, wat deur CemAir se instandhoudingsorganisasie gediens is, is deur ongekwalifiseerde personeel lugwaardig verklaar,” het die BLO in ʼn verklaring gesê.

“Dit hou gevaar in vir bemanningslede, passasiers en die publiek en het ʼn direkte impak op lugvaartveiligheid, aangesien die lugwaardigheidstatus van die betrokke vliegtuie nie bevestig kan word nie of twyfelagtig is. Die operateur moet binne 24 uur bewyse verskaf dat hy aan regulasies voldoen, of redes verskaf waarom die betrokke vliegtuie nie gestrand moet word nie.”

Die BLO het gesê CemAir het sy volle samewerking gegee en sal seker maak dat die saak “so vinnig as moontlik opgelos word”.

CemAir is ʼn privaat lugredery in Suid-Afrika wat vlugte na gewilde toeriste-bestemmings bied. Die lugredery huur ook vliegtuie uit aan ander lugredery oor Afrika en die Midde-Ooste heen. Die lugredery het in 2002 sy deure oopgemaak en is in Johannesburg gebaseer.

Die BLO het gesê hulle is bewus van die ontwrigting en die besluit is nie ligtelik geneem nie. “Die BLO is bewus van die effek en moontlike ontwrigting wat die opheffing op passasiers kan hê. Dit is ook belangrik om kennis te neem dat sulke besluite nie ligtelik geneem word nie en dit is in die belang om seker te maak die veiligheidstelsels van die lugredery is bo verdenking.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ralize Luus ·

Ek ruik ‘n rot. Hulle diens,etc is 100 maal beter as enige SAA Express, Airlink.

Lientjie ·

Sal maar moet versigtig moet wees , want om ‘n diens te lewer en om ‘n vliegtuig deur ONGEKWALIKFISEERDE PERSONEEL lugvaardig te verklaar is 2 veskillende goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.