12 dood in gru-ongeluk

Foto: KZN EMS

Twaalf mense is Saterdag dood in ʼn gru-ongeluk tussen Underberg en Bulwer in KwaZulu-Natal.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die ongeluk het in Kilimon plaasgevind.

Die bestuurder van die taxi het glo beheer verloor waarna die taxi die pad verlaat het.

ʼn Kind is ook in die ongeluk dood terwyl drie mense ernstige beserings opgedoen het. Paramedici van verskeie private ambulansdienste was ook op die toneel.

Volgens berigte is al die oorledenes deel van dieselfde familie.

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, en Bheki Ntuli, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, sal vandag die naasbestaandes van die oorledenes besoek.

“Ons harte gaan uit na diegene wat geliefdes verloor het in hierdie verskriklike ongeluk. Ons hoop dat hulle troos kan vind in hierdie moeilike tyd. Ons wens ook die beseerdes ʼn vinnige herstel toe,” het Zikalala gesê.

Die gru-ongeluk volg nadat ses mense Vrydagaand buite Ladysmith dood is toe ʼn bakkie gerol het. Vyf mense is beseer.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 21:45 op die toneel aangekom. Die provinsiale nooddienste was toe reeds op die toneel besig.

ʼn Bakkie het op sy sy in ʼn veld sowat 150 m van die pad af gelê. Mense het verspreid om die bakkie gelê. Vyf mense het reeds aan hul beserings beswyk. Een van die beseerdes was in ʼn kritieke toestand en is kort daarna by ʼn hospitaal dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hercules ·

een volledige gesin oorlede omdat taxi buite beheer geraak het!!

ek bestuur sedert 1965 en het duisende kilometer afgelê in hope verskillende voertuie, van trekkers tot 30 tonners tot busse, bussies, noem hulle op, en net twee ongelukke gehad sonder dat enigiemand oorlede is – dankie Here vir genade, onbeskryflik groot!

Flip ·

Daar is n sekere baie bekende taxi se voorste remblokkies beskikbaar vir minder as R50 vir n stel. Die goed moet ingevoer wees van n land wat goed teen amper niks vervaardig nie. Jy jan nie eens die oordentlike rou materiaal vir minder as R50 aankoop nie. Hoekom laat ons regering toe dat hierdie goed ons land binne kom? Dit kos mense se lewens. Ek stel voor dat met ELKE taxi ongeluk na die remme gekyk word om vas te stel of dít nie die oorsaak is nie……

pompies ·

Taxis se enjins moet “ge-govern” word sodat die goed nie vinneger as 80km/h kan ry nie dan sal daar minder ongelukke wees. Hulle jaag op die oop pad en dan as daar iets gebeur is almal of dood of nooit weer dieselfde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.