12 dood, ses beseer in gru-ongeluk

Die gru-ongeluk het die lewens van 12 mense geëis (Foto: Verskaf)

Twaalf mense is dood en ses beseer toe ʼn minibustaxi, ʼn vragmotor en ʼn bakkie Dinsdagoggend kort ná 07:00 in ʼn ongeluk op die R33 tussen Greytown en Northdale in KwaZulu-Natal betrokke was.

Paramedici van ER24, Netcare911 en die provinsiale nooddienste is na die toneel ontbied.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê by paramedici se aankoms op die toneel het hulle die taxi regop in die middel van die pad aangetref terwyl die vragmotor op sy kant langs die pad gelê het. Brandstof het uit die tenkwa begin lek, en dit het oor die pad uitgeloop.

Verskeie passasiers is verspreid oor die ongelukstoneel aangetref. Twee was steeds in die taxi vasgekeer.

“Altesaam 12 passasiers het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” sê Meiring.

Twee ander passasiers is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. Nog vier passasiers het ligte tot ernstige beserings opgedoen en is ook per ambulans na die hospitaal vervoer.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê die pad is in albei rigtings gesluit en die owerhede is tans steeds op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie J ·

Ai hoe tragies!
Lees ek reg dat daar agtien passasiers in die taxi was?

Jakes ·

Die tempo waarteen mense in ongelukke op paaie sterf is skokkend en soos dinge nou aangaan sal die Covid pandemie dalk tweede kom.

Pieter J ·

As ń mens die koerante lees wil dit voorkom of minibus taxis vir baie meer sterftes verantwoordelik is as enigiets anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.