12 in hospitaal ná voorval by avo-pakhuis   

Argieffoto van 'n avokadoboom Foto: Alice_Alphabet, Pixabay

Argieffoto van ‘n avokadoboom Foto: Alice_Alphabet, Pixabay

Minstens 12 mense is Donderdagoggend na die Mediclinic Tzaneen in Limpopo geneem ná ʼn voorval by ʼn avokadopeerpakhuis buite die dorp.

Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die pakhuis in Politsi, noord van Tzaneen, ontbied nadat die mense glo ammoniak ingeasem het.

“By paramedici se aankoms op die toneel is drie werkers op die vloer aangetref terwyl al die ander werkers uit die gebou ontruim is,” het Dormehl gesê.

“Daar was vermoedelik ʼn ammoniaklekkasie deur die nag en die werkers het gesukkel om asem te haal toe hulle vanoggend by die pakhuis opdaag.”

Agt mense is eers suurstof toegedien voor hulle na die hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Vier van die mense is deur ander nooddienste op die toneel behandel en na die hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Adri ·

‘n Mens kry baie soorte pere, maar ‘n avokado is nie ‘n peer nie. Moenie dat sy vorm jou mislei nie. Pere is steenvrugte en avokado’s glad nie.

Chewy ·

Haha, Adri ek dink nie enige iemand het gese dis n peer nie. Maar die afrikaanse woord vir n avocado is avokadopeer.

Agri Joe ·

Whahahaha, pere is NIE steenvrugte NIE maar kernvrugte, steenvrugte is perskes, pruime, kersies, appelkose ens.

Mike ·

Dit is interessant Adri. Wat val alles onder d kategorie steenvrugte?

Cherokee ·

Dankie vir jou leersame kommentaar, Adri. Ignoreer die vele sarkasmes. Wed jou jy dink dieselfde daarvan as ek:-) Ek is versot op avo’s en het ook al ‘n keer of wat daarop gewys dat dit nie pere is nie.

Ek stem saam. ·

Ek stem saam Adri, dis ‘n avokado. Snaaks genoeg is die foto se onderskrif “avokadoboom” maar in die berig “avokadoPEERpakhuis”. Snaakse wêreld so by my ‘peer’.

Daan Erasmus ·

3 mense op die vloer. In die pakhuis. Kon niemand die arme mense uit die plek verwyder het nie. Ammoniak ruik jy, dit kan jou nie stil stil bekruip nie.

Tania ·

Wat maak hulle met die amoniak in die pakhuis? Waarvoor gebruik hulle dit?

Theresa ·

Dis erg, maar ek verstom my dat die mense wat eerste ingegaan het nie die ammoniak geruik het nie – dis ‘n baie sterk reuk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.