12-jarige deur weerlig doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 12-jarige seun is in Howick in KwaZulu-Natal deur weerlig doodgeslaan.

Chris Botha, woordvoerder van die Netcare 911, het gesê paramedici is Vrydagmiddag ontbied nadat ʼn groep seuns wat sokker gespeel het, deur weerlig getref is.

Volgens Botha het paramedici met hul aankoms op die toneel talle seuns, tussen 10 en 12 jaar oud, op die grond aangetref. ʼn 12-jarige seun is op die toneel dood verklaar. Nog ʼn seun was in ʼn kritieke toestand, terwyl twee seuns ernstig beseer is en drie geringe beserings opgedoen het.

Botha het gesê die beseerde kinders is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal in Pietermaritzburg geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Delia ·

Nou wat het geword van die ANC se ondersoek oor waarom weerlig swart mense teiken?
Dis tragies dat hulle nie weet dat hulle skuiling binneshuis moet neem wanneer die weerlig so rond speel nie en dat hulle weerlig afleiers op hulle huise se dakke moet voorsien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.