12-jarige meisie doodgeskiet, pa gewond

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 12-jarige meisie is doodgeskiet en haar pa gewond in hul huis in Bethelsdorp, buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die gesin het Dinsdagaand geslaap toe iemand omstreeks 23:00 hard aan die voordeur geklop het. “Die 43-jarige pa het geweier om die deur oop te maak, waarna die verdagtes om die huis geloop en die agterdeur oopgeskop het.”

Volgens Naidu is die pa drie keer geskiet terwyl die dogter een keer geskiet is. Sy is op die toneel dood. Naidu het gesê die polisie is op soek na drie of vier verdagtes. “Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.”

Naidu het gesê die polisie veroordeel die sinnelose moord op ʼn onskuldige kind ten sterkste. “Ons sal alles in ons vermoë doen om die saak volledig te ondersoek en die skuldiges aan die pen te laat ry.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan ao. Clive Phillips kontak by 082 387 6765.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Gideon ·

Hi Connie ons liewe Vader het mos gese die wat n oor het laat hom hoor. Kyk wat gebeur in die land en ook ander lande. Ons mense moet reg wees ons Vader is sterk op pad. Vader het ook gese die wat n oor het laat hom hoor en die wat oe het laat hom sien. Is dit dan nie dat ons sien en hoor maar ons luister nie en hoor nog minder. Kom ons begin luister wat HY se en sien wat Hy ons wil wys. EK se net dankie VADER dat ons U Kinders is vergewe ons en help ons om te kan sien en U better te kan hoor.

Willie ·

Ek wonder of daar nog n land is waar koelbloedige moord so alladaags is?

Apie ·

Liewe hemel, hoekom beteken n lewe soooo min vir hierdie kaders??? Mag die blinde sambok hulle bykom.

Theuns ·

Ek het al gewonder hoeveel keer per dag stap moordenaars by my verby? Ongelukkig dra hulle nie etikette nie. As dit maar so kon wees dat as jy ‘n mens doodmaak dat jy ‘n teken soos Kain op jou voorkop kon dra. In SA sal jy dood neerslaan as jy kon sien hoeveel daar is!

Koos ·

Die merk van Kain…gaan lees bietjie na wat die geleerdes sê dit was (is)…

piet olivier ·

Skrik wakker zuma bring terug die doodstraf of is die moordenaars so baie ons weet almal hulle is verskriklik baie dat jy bang is om stemme te verloor vir die verkiesing want in hierdie land van ons is stemme van moordenaars mos prioriteit vir jou party meer werd as mense lewens jy het geen outoriteit as no 1 nie jy word aan jou neus gelei

Pieter ·

Snaaks dat al hier moorde in hierdie land almal raak behalwe di aan die stuur van die land, wonder wat sal gebeur as dit hulle gaan begin tref.

Arno ·

Die moord op van hulle party lede is ‘n goeie aanwysing. Hulle het sommer ‘n hele taak span aan gestel vir dit. Dink net hoe groot dit sal wees as dit een van Zuma se kinders was. Die weermag sal seker dan na die persoon soek wat verantwoordlike is.

rudi ·

Soms spring hul. Soos die Parys boere. Daar is selfs die Valke ingeroep.

Sandy ·

Ai hoe onmenslik is hierdie moord, ek kan nie beskryf hoe dit my ontstel as ek sulke nuus lees nie. Ek hoop hierdie moordenaars word gou opgespoor. Sterkte aan die Familie.

m ·

Daar is net geen afskrikmiddel meer nie so hierdie sinnelose moorde in hierdie land sal nooit ophou nie. Hierdie mense sit lekker op die belastingbetaler se geld in die tronk en kry hulle etes en slaapplek en wat ook al, so dis vir hulle soos hotel waarheen hulle gaan. Diesimpatie le soos altyd by hierdie kriminele want alles is mos apartheid se skuld….. Iewers sal hierdie regering moet begin oplossings kry vir hierdie sinnelose moorde. Elke liewe dag lees ons van moorde en aanrandings en wat ook al so dit kan nie so aangaan nie…

m ·

Wees ma versigtig om te wens vir die doodstraf terug te bring. Dink julle vir een oomblik hierdie regering gaan hulle eie mense teregstel? Daar sal altyd n rede gekry word om eerder n witte die doodstraf op te le. Ietwat riskant om nou weer die doodstraf terug te bring met al die korrupsie wat aangaan in hierdie donker Afrika………….Geen besluit sal ooit objektief wees nie.

Ria ·

Ag weet jy so bly darem iemand met verstand! Ek wil deur die dak spring as mense so onnosel is om te vra dat doodstraf terug gebring moet word….. die besluit tussen wie hang en wie nie in ANC se hand plaas?? WORD WAKKER EN RUIK DIE KOFFIE ASB!!

Michael Saayman ·

Ek is al die afgelope 2 jaar ‘n groenkaart houer en permanente inwoner van die VSA en woon in Fort Lauderdale. Ek is ‘n gereelde leser van Maroela Media en dit is vandag vir my verskriklik om sulke nuus te lees. Nuus wat oor ‘n paar dae slegs statistiek sal wees . My hart gaan uit na die familie van die oorledende . As oud polisieman in SA is daar mense wat my kwalik neem omdat ek die land verlaat het ,maar wees verseker ek of my gesin het ons nog nie self kwalik geneem nie. Ek het nog nie die afgelope 2 jaar sulke nuus hier gehoor nie en my persoonlike mening is dat daar geen hoop vir SA is nie.

tamboti ·

Dankie Michael vir jou skrywe uit VSA, ek wens ek en my familie kon almal daar wees.
Jy is reg – daar is geen hoop meer vir SA, die enigste moontlikheid om weer wet en orde te herstel sal egter die ultra fanatiese Islam groep wees wat niks en niemand oorsien volgens hulle wette nie. Ongelukkig staan hul nie demokrasie en geloofsvryheid voor nie.

So so hartseer ·

Dit is net so hartseer dat ‘n jong kind moes sterf en dit alledaags word.

Dina Schutte ·

Michael Saayman, jy moet bietjie jou Amerikaanse nuus begin lees. Dit gaan maar net so sleg daar hoor.

Nico K ·

Nee wat Dina dit gaan nie so sleg daar soos hier nie. Hy bly daar. Hy sal weet.
Hierdie lyk vir my soos iemand wat die mense geken het. Heelwaarskynlik ‘n verhouding met die meisie gehad wat skeefgeloop het.

Michael ·

Dina dankie vir jou kommentaar,ek lees wel nuus hier. My seun woon al 14 jaar hier en is ‘n Deputy Sheriff hier. Wat hier en in SA gebeur verskil hemelsbreed . Ek stem saam dat hier wel misdaad is soos in enige ander land . Die verskil is dat hier iets met jou gaan gebeur as jy misdaad pleeg . Sake hier word nie soos in SA maande uitgerek nie en die kans dat jy borgtog gaan kry is bykans nul . Feit is dis lekker om enige tyd van dag of nag in Fort Lauderdale te loop sonder vrees vir ‘n aanval.

Bosveld g ·

Lisensie wetgewing was toe duidelik net om wetsGehoorsames te ontwapen sodat monsters ander kan terroriseer vermink en lewens verwoes… Het skietery minder geword? Nie n manier nie , sorry regstellende aksie gaan baie eis! Alle groepe het hiermee n helse probleem. Ek dink wereldwyd is daar altyd iemand wat al is dit oor bad luck, of dalk luiheid of wat ook al armer sal wees,- oplossing kry n gun skiet vat en herhaal, so n persoon is anti sosiaal dus moetnie deel wees van ander wat maar deurdruk en plan maak nie – hang hang of hoe anders ? Kinders Of grootmense sterf hier vir niks ? Hoe so Mnr 1 ?

Anoniem ·

Nico gaan lees die berig gerus weer. Die meisie was maar twaalf jaar oud….Dis defnitief nie van n verhouding wat sy gehad het wat skeef geloop het nie….Dis koelbloedige moordenaars hierdie……………………

Elgeraine ·

Arme kind, so jonk! My hart gaan uit na haar ouers. Sterkte

Esther ·

Sy sou Saterdag strooimeisie gewees het by haar oom se troue, nou wag daar ‘n begrafnis vir die trougaste.

Mel ·

Dis asof die “Tereuraanvalle” klaar aan die gang is, my hart gaan uit na di familie toe, RIV Liewe meisie

Susan ·

Dis ‘n verskriklike prys wat hierdie arme ma moes betaal omdat sy ‘n ooggetuie was. Sy het die hoogste prys betaal…En dit is ‘n waarskuwing aan ander van die bendes af. Hou jou bek of…….. ek voel so jammer vir hulle!

Ekke ·

eret ni wat om te se. Het gister in hof gesit twee skoolkinders gevang vir inbraak ongelisensieerde wapen en aminusie…….hul is uit op borgtog van R1000.00 ??? Net om weer voort te gaan??

Donovan ·

Geloof sonder werke is kragteloos, ek lees nêrens in die Bybel dat net gebed alleen die ding gaan doen nie, daar is regtig nodig dat ons begin optree…..

celia ·

Waar kan mens oor die merk van Kain lees, asb.? Dalk sal ons dan beter verstaan….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.