Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die gesin het Dinsdagaand geslaap toe iemand omstreeks 23:00 hard aan die voordeur geklop het. “Die 43-jarige pa het geweier om die deur oop te maak, waarna die verdagtes om die huis geloop en die agterdeur oopgeskop het.”
Volgens Naidu is die pa drie keer geskiet terwyl die dogter een keer geskiet is. Sy is op die toneel dood. Naidu het gesê die polisie is op soek na drie of vier verdagtes. “Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.”
Naidu het gesê die polisie veroordeel die sinnelose moord op ʼn onskuldige kind ten sterkste. “Ons sal alles in ons vermoë doen om die saak volledig te ondersoek en die skuldiges aan die pen te laat ry.”
Enigiemand met inligting oor die voorval kan ao. Clive Phillips kontak by 082 387 6765.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
31 Kommentare
Aai toggie. Onse Vader red ons land assebief?
Ek wonder of daar nog n land is waar koelbloedige moord so alladaags is?
Liewe hemel, hoekom beteken n lewe soooo min vir hierdie kaders??? Mag die blinde sambok hulle bykom.
Ek het al gewonder hoeveel keer per dag stap moordenaars by my verby? Ongelukkig dra hulle nie etikette nie. As dit maar so kon wees dat as jy ‘n mens doodmaak dat jy ‘n teken soos Kain op jou voorkop kon dra. In SA sal jy dood neerslaan as jy kon sien hoeveel daar is!
Skrik wakker zuma bring terug die doodstraf of is die moordenaars so baie ons weet almal hulle is verskriklik baie dat jy bang is om stemme te verloor vir die verkiesing want in hierdie land van ons is stemme van moordenaars mos prioriteit vir jou party meer werd as mense lewens jy het geen outoriteit as no 1 nie jy word aan jou neus gelei