12-jarige se nagmerrie-ervaring in staatshospitaal

Alexis Timmerman wag op ‘n bed in Kalafong-hospitaal. (Foto: Verskaf)

ʼn Laerskoolleerder van Centurion se ouma het haar noodgedwonge uit ʼn staatshospitaal in Pretoria laat ontslaan, omdat sy nie kon toekyk hoe haar kleinkind langer die “haglike toestande” moes deurmaak nie.

Alexis Timmerman (12) is Vrydag deur ʼn minibustaxi voor Laerskool Wierdapark raakgery toe sy oor die straat gehardloop het om te gaan lekkers koop. “Dit was nie die taxi se skuld nie. Alexis moet van beter geweet het as om oor die straat te hardloop. Maar hy het haar hard getref,” het Marinda Merryweather, Alexis se ouma, gesê. Alexis woon permanent by haar ouma en oupa in Centurion.

Alexis se boarm is op twee plekke gebreek en sy het ook ʼn besering aan die weefsel in haar knie opgedoen. Sy moet nou ʼn operasie ondergaan om plate en skroewe in haar arm aan te bring. “Sy is na ʼn private hospitaal geneem, maar die mediese versekering gaan nie al die uitgawes dek nie en net die X-strale het ons reeds ʼn hele paar duisend rand uit die sak gejaag,” sê Merryweather.

Alexis is gevolglik na die Kalafong-hospitaal geneem waar sy Vrydagaand vir meer as vyf uur in ʼn rolstoel in die gang moes wag voordat haar been in gips gesit is. “Hulle het haar toe weer in die gang laat sit omdat daar nie ʼn bed beskikbaar was nie. Hulle wou nie eers vir haar ʼn matras bring nie.”

Merryweather sê die toilet wat haar kleinkind moes gebruik, was vuil en het na urine geruik. “Die deur voor die toilet het nie eens behoorlik gewerk nie. Dit was regtig haglik.”

Die plek waar die taxi Alexis getref het. (Foto: Verskaf)

Alexis is eindelik Saterdag om 03:00 opgeneem, en moes kaal in net ʼn hospitaaljurk, sonder ʼn laken, slaap. Personeel wou ook glo geen ander pynmedikasie as Panado-stroop vir Alexis gee nie, hoewel sy gehuil het van die pyn.

“Sy moes Saterdag ʼn operasie ondergaan, maar dis uitgestel tot Donderdag. Vanoggend (Sondag) het sy haar bed natgemaak want daar was niemand om haar te help om toilet toe te gaan nie.”

Dit was vir Merryweather die laaste strooi en sy het die dokter gevra om haar kleinkind asseblief te ontslaan sodat sy behoorlik na haar kan omsien.

Alexis se grootouers wil nou self betaal vir die operasie wat haar arm weer sal heg en het reeds ʼn afspraak by ʼn private spesialis van Midstream gemaak. Die operasie sal hulle ongeveer R145 000 kos. Dié bedrag sluit egter nie haar verblyf in ʼn hospitaal in nie.

ʼn Fonds is intussen gestig waarin lede van die gemeenskap geld vir haar behandeling kan inbetaal.

  • Die teiken vir die geldinsamelingsinisiatief is intussen bereik. 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Blomme ·

En so lyk die Suid Afrika wat in die afgrond in bestuur word deur ń onbevoegde regering. Dis so jammer.

Nie Verbaas ·

Weereens skokkend om te sien tot op watter vlak ons land geval het en ons BEE regering snap net doodeenvoudig nie dat dit n totale gemors is nie.

Christine ·

Hulle snap nie, want hulle gee nie om nie. Solank as wat hulle as minister na gekyk word in privaat hospitale, of meer, gevlieg word na Dubai vir versorging, gee hulle nie ‘n flenter om nie. Ek het nog nooit mense gesien met so min empatie en meegevoel as juis ons regering nie. Standaarde bestaan hoegenaamd nie vir hulle nie.

Sonia ·

O, hulle snap definitief maar gee doodeenvoudig nie om nie solank hulle in weelde en veiligheid leef is ons in die gemors en selfs in gevaar

pdbpta ·

Skande! Is dit die tipe dienste waarvoor ons belasting moet betaal??

LIEZL ·

Wat verwag jy as die groter meerderheid wat nie Suid Afrikaanse burgers is nie, als verniet wil hê

Kompas ·

Dit is skreiend om die kwaliteit van sorg in staatshospitale te sien!! Toilette wat vuil is en afwesigheid van pasiëntsorg is onaanvaarvbaar. Tweedens is die kostes van privaathospitalisering verregaande.!! Sterkte vir haar!

Lillian ·

Ja nee, ekt ook al Kalofong se verval ervaar. Skreiende skande maar wat kan mens beter verwag waar die anc regering regeer?

Christine ·

Ek vlieg eerder my kind of kleinkind na die Weskaap om daar in ‘n staatshospitaal te gaan le as om deur die hel te gaan. Sekere Weskaapse staatshospitale is baie goed. Ek het ‘n boodskap twee weke terug hier geplaas oor wat in die Helen Joseph Hospitaal aangaan, maar Maroela wou dit nie plaas nie. Alle sterkte aan Ouma en kleindogter. My hart is seer vir die meisietjie.

Frederik C ·

Enige staatsgebou/semi-staatsgebou is ‘n riller. Die plekke is eenvoudig vuil. Lisensiekantore, Hospitale, Binnelandse Sake,SARS……………noem maar op

melaney ·

Hoop van harte daar is mense wat hierdie familie finansieël sal kan bystaan.

Swerwer ·

Dit is verskriklik, en dit gaan nog erger word omrede die Regering en Gesondheid nie opgewasse is tot leierskap nie.

Nici ·

Ons was onlangs daar opgeneem met een van ons baba’s in plek van veiligheid. Sommige mediese fondse wil nie die kinders op die fonds sit nie, aangesien hulle nie in pleegsorg is nie. Ek was GESKOK! Buite vir alles wat vervalle en vuil is, is die ‘diens’ pateties! Medikasie word nie op tyd gegee nie, pasiente word op geskree, daar is 2 toilette in ‘n saal vir omtrent 40+ mense en nie ‘n oomblik se rus nie. Jy sit op ‘n houtbankie van die oomblik wat jy daar aankom, to wanneer jy ontslaan is! Jy mag nie die saal verlaat om iets te kry om te eet of drink nie, Dit voel soos ‘n tronk!

Ian ·

As ‘n Ouma en Oupa het ons ook gister ons bedrae gemaak vir Alexis. Wens haar ‘n spoedige herstel toe.

Magda ·

Ek kom van Pta af en het ook van Kalafong gebruik gemaak, glo my dis een vd Vuilste hospitale en ongeskikste personeel lede wat daar is. Het ookal klagtes gele by die DA, asook fotos gestuur van toilette wat stukkend is, geen DEURE ni, asook GEEN WATER BY KRANE NIE, WANT DI KRANE IS OF LOS OF STUKKEND, maar jy moet Jo hande was en sanitise maar geen water ni. Bly nou on Kosi Baai en is by Manguzi Hospitaal, wat n verrassing, skoon, goeie en flink diens, net jammer min dienste hier, so jy moet Richardt’s Baai toe gaan vir spesialis behandeling. Gaan Mei maand soontoe, so dan sal ek sien hoe dit daar lyk.

Louise ·

HOEKOM kom die hospitale weg daarmee. HOEKOM word dit toegelaat dat mense wat nie medies kan bekostig om so behandel te word. Het mense dan nie meer n menslike reg nie. Daai arme kind moet tot Donderdag in pyn le, dis onaanvaarbaar!

piet ·

Sy’t Panado gekry. Dis gewoonlik die gewone tipe pynmedikasie wat gegee word voor ‘n operasie, hulle kan nie sommer enige medikasie gee voor ‘n operasie nie. Watter medikasie is vir haar gegee NADAT dit bekend geword het dat die operasie uitgestel is, dis belangrik en is nie duidelik in die berig nie? Wat moes sy met ‘n matras maak in die gang, op die vloer le (dit sou nog erger wees)? Dit sou ‘n nog groter gemoanery afgegee het.

Net_My_Opinie ·

Dit is tyd dat hierdie onbekwame staatsamptenare en parrasiete hul eie staats instansies begin gebruik. Hulle moet hul eie staats hospitale, pEskom, Helkom, SAL, ens… begin gebruik en hulle eie brandstof beging ingooi. Slegs dan sal die klomp korrel koppe besef wat regtig aangaan en eers dan sal hulle iets daaraan begin doen. Dit is te maklik vir hulle om ons belasting betalers se geld te gebruik om net die beste dienste en voordele te kry terwyl die res van die land moet krepeer onder ANC korrupsie, onbevoegdheid en onkunde.

Jannie van Niekerk ·

Dit is verskriklik om die agteruitgang te sien van die staashospitale sedert die ANC in beheer is . Geluukig is alle staatshospitale darem nie so swak nie. George en Worcester se staatshospiuatel is van die die bestes in die Afrika. Maar wat anders kan mens verwag? Albei is immers in die Weskaap.

Martie ·

Agge nee dit is so jammer dat Alexis so seer gekry het!

Terselfdertyd is ek woedend vir die Regering! Wat doen daardie miljoene wat aan die gesondheidsdepartement moet gaan – en waarvoor word dit aangewend? Duidelik nie om staatshospitale in stand te hou nie!

Andre ·

Dis jammer ou Cyril, een van sy kinders of een van sy kaders kan nie hier opgeneem word nie – dinge behoort dan vinnig te verander!

Miskruier ·

Lees gister van n man wat uit Kalafong ontslaan is en drie dae op die vloer bly lê het…..buite die hospitaal. Is daar dan geen empatie meer nie?

Toy ·

Die mediese versekering help ook niks. Van die Staatshospitale moet gaan leer by Grootte Schuur hospitaal hoe dit moet lyk, die res van die land se Staatshospitale is in ‘n toestand en van die verpleegpersoneel is net daar vir hulle salaris. Ek het self by die Gesondheid gewerk en alles het van 2002 af net agteruit gegaan, dit is ‘n skande.

Gert ·

Dit help ook nie jy gaan kla by die bestuur nie hulle stel nie belang of hulle kan en wil niks doen nie

AmY ·

Nou is ek eers ‘opgwonde oor die NGV wat oppad is…’
Sterkte meisiekind. Hoop jy word gou gesond.

Mabaker ·

3 jaar terug was my kleinseun saam met my seun en sy oorlede vrou in n motorongeluk en hy is ook Kalafong toe gevat met n ambulans ons het daar gesit tot amper 4 uur die volgende oggend ook in n rolstoel in baie pyn voor hy gehelp is eers xstrale en toe moes ons wag vir die dokter hy het hom opgeneem om weer die oggend te ontslaan met n gebruekte sleutelbeen hulle het nie eers vir hom n sling gegee om sy arm in te sit nie ek het hom toe na my huisdokter toe gevat vir verdere behandeling en dankie aan solidariteid vir julle hulp met n sling vir my kleinseun se arm dit het gehelp om die been darem te laat aangroei Kalafong sal my nie weer sien nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.