12-jarige se ritueelmoord ondersoek

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisiekommissaris in Limpopo, lt.genl. Nneke Ledwaba, het ʼn 72-uur-aksieplan in werking gestel ná die gewelddadige moord op ʼn 12-jarige seun van Makgofe, in die Seshego-polisiëringsgebied buite Polokwane.

Die seun se liggaam is Vrydagoggend deur ʼn verbyganger opgespoor, langs ʼn plaaslike begraafplaas. “Die polisie is dadelik in kennis gestel en beamptes het vinnig reageer. Hulle het die liggaam van die jong seun gevind met verskeie beserings en van sy liggaamsdele word vermis,” het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die voorlopige ondersoek het onthul die oorledene is Donderdagaand laas gesien toe hy homself wou gaan verlig. “Die motief agter die voorval hou vermoedelik verband met ʼn ritueel. Die verdagtes is nog ongebekend en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.”

Ledwaba het sy skok uitgespreek oor die voorval, veral oor die wrede manier waarop die seun vermoor is.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Blomme

Wat sê mens van sulke wreedheid. Sterkte aan die familie.